In die Breytenbach-galery op Wellington is daar op die oomblik 'n kunsuitstalling Unspoken/Stilswye, 'n solo-uitstalling deur Anton Brink.
Wanneer jy inkom, sal jou oog onmiddellik val op 'n installasie teen die muur, aan die anderkant van die galery. Dit is 'n baie ou blou deur, waarvan die blou plek-plek afgeskil is, met hout wat deurslaan. Die titel daarvan is Pappa (Die blou blou deur). Anton het langs die deur 'n teks ter verduideliking gegee, wat só begin: "This is a reliquary of mementoes and objects of my personal memories of my father." Hy vertel dat hy na die dood van sy pa, André Brink, in 2015, gevoel het dat dit vir hom belangrik geword het "to finally bring it into being as an elegy to this man who was in many ways a stranger to me". Dit word dan ook geïllustreer. Van agter die deur kom daar pragtige musiek uit Johannes Brahms se Missa Canonica. André het musiek gespeel terwyl hy geskryf het. Die geluid van 'n tikmasjien kom dan ook deur die deur. Maar Anton was buite.
Agter die twee lang glaspanele van die deur is daar nostalgiese foto's van die familie, 'n afdruk van die begin van 'n storie wat André geskryf het oor Anton se eerste skooldag. 'n Foto van 'n baba (Anton) wat voor 'n groot boekrak na die boeke sit en kyk. Maar daar is ook ander herinnerings wat van sy pa se swakhede demonstreer, sodat die deur dan eintlik 'n ironiese elegie word.
Daar is 15 skilderye – meestal olie op doek – van klein (30 x 30) tot groot (180 x 80), een installasie (die deur), en twee beelde. Een van die "beelde" (uitbeelding wat hang) word genoem Sandkastele – waar 'n kop (van sand gemaak) horisontaal uitsteek uit die sand van 'n speelhokkie, met doringdraad omhein (die illusie behoort duidelik te wees). Dan nog 'n installasie van 'n ou kardeur met drie starende gesigte ingeprent in die venster.
Die oorgrote meerderheid van die skilderye het as titels die name van party van André se boeke: Die ambassadeur; Die eindelose weë; Ander lewens; Orgie; 'n Oomblik in die wind; 'n Droë wit seisoen; Gerugte van reën; Elders mooiweer en warm; Donkermaan; Olé; Kennis van die aand; Miskien nooit; Anderkant die stilte; 'n Vurk in die pad; Inteendeel; Pappa. (Die blou deur); Die kreef raak gewoond daaraan.
By sommige skilderye kan mens die strekking van die roman in 'n weergawe van die titel sien, soos byvoorbeeld die aansig van droogte: 'n Droë wit seisoen; van komende reën: Gerugte van reën; Don Quichot in Olé; 'n gevangene wat na die aand staar: Kennis van die aand. En die duidelike weergawe van 'n Oomblik in die wind.
Maar mens kan nie in woorde beskryf wat in verf weerspieël word nie. 'n Dubbele beeld. En sommige skilderye hou klaarblyklik geen verband met 'n roman nie. Soos die gillende, bevreeste vrou of man met 'n koei in die agtergrond van Die ambassadeur (afgedruk op die uitnodiging). Anton het gelag toe ek met hom daaroor praat in my poging om die verband te sien. Hy het nie die roman gelees nie!
Vir die deurdagte leser van André P Brink se boeke sal dit boeiend wees om 'n raai-raai-speletjie te speel. Vir die letterkundige wat gedurig bewus is van die weerspieëling van die werklikheid (die "mimetiese"), sal dit stof vir 'n MA-verhandeling kan wees!
Hierdie werke hoef nie met André Brink se boeke verbind te word nie. Vir iemand wat nie weet van André nie, sal dit nie saak maak nie: titels is titels – en dit maak nie die kuns nie. Hierdie werke kan dus ook as kunswerke sonder titels gesien word.
Oor sy werk sê Anton onder andere: "Making art gives me direct access to the subconscious, and makes me almost as much a spectator as any gallery visitor."
Anton Brink het al baie keer uitgestal: meer as 100 groepuitstallings, 27 solo-uitstallings in Suid-Afrika en oorsee. Daar is ook van sy werk in privaatbesit in Suid-Afrika, Frankryk, Nederland, Switserland, Duitsland, Finland, Engeland, Australië, Nieu-Seeland en Amerika.
Dit is 'n formidabele uitstalling: mooi, maar soms ook baie droewig.
Die uitstalling duur tot 6 April.
artist statementanton (brink) Pretty much everything in life – from the mundane to the profound – inspires my art. It is my means of giving expression to what I feel and think without having to verbalise or communicate in a literal fashion: my hands speak more eloquently than my mouth can. Making art gives me direct access to the subconscious, and makes me almost as much a spectator as any gallery visitor. For me art speaks to the beyond, to the ineffable, we need art that opens the inner vision to see forwards, as well as the stuff that rubs our noses in the everyday and the material world. Early in my career I was much influenced by Dada, Surrealism and Expressionism, flavours of which have remained in my work. All my life I have painted and drawn, although it didn't become my raison d'être until after I had qualified with a PhD in Digital Image Processing. I began taking my art more seriously in about 1990, at the same time as I began doing my PhD at Wits University. By the time of my first solo exhibition at the Grahamstown Festival in 1995, the writing was on the wall ... I finished my degree and chose to follow my passion instead of logic. I have exhibited many times – over 100 group exhibitions and 27 solo exhibitions in South Africa and overseas, as well as taking part in collaborative projects such as "!Xoe", a biennial site-specific exhibition of land art, installations and conceptual work in Nieu-Bethesda in the Karoo, and "pARTs", an experimental performance/visual/sound art collaboration with dancer Athiná Copteros and a changing cast of dancers, musicians, lighting specialists and other artists. Although I was trained as a painter, I make art in both 2 and 3 dimensions. My paintings, mainly in oils, draw on a wide range of influences and sources that include other disciplines such as Physical Theatre. In my 3-dimensional work I combine materials such as welded steel, fibreglass, resin and wood with found objects to create sculptures, assemblages and installations. Many of my solo exhibitions were conceived as “environments” that one could enter and immerse oneself in. I prefer my exhibitions to use theatrical, or at least subdued, lighting that leaves enough shadow for the viewer to feel private – introspection is the key to experiencing art, and people sometimes feel too exposed in the bright white cube of the modern gallery to allow themselves access to their feelings. |
The post Unspoken/Stilswye, 'n solo-uitstalling deur Anton Brink appeared first on LitNet.