Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

US Woordfees 2016: Amper, Vrystaat

$
0
0

 

Cintaine Schutte, Antoinette Louw en Milan Murray

Amper, Vrystaat is ook op 9, 12 en 13 Maart 2016 by die US Woordfees 2016 te sien. Koop hier kaartjies.

Pure toeval. Binne Lückhoff se skoolsaal speel 'n liedjie van Stef Bos met die intrapslag (agtergrondmusiek; dit vorm nie deel van die drama se klankbaan nie: "Ek wil").

Ek wil drie mooi susters
Wat daar op my wag ...

Minute later, op die verhoog, die drie susters waaroor hierdie drama handel. Hulle kom van 'n dorp in die Vrystaat met die naam Amper. En hulle moes al drie daar weg, en hulle het dit reggekry ook ... amper.

Drie ongelukkige susters uit die Vrystaat. Elkeen kry 'n afsonderlike spreekbeurt op hul eie stapeltjie klippe.

Annatjie (Cintaine Schutte) is eerste aan die beurt.

In die Kaap is sy nou Ann. Sy stel belang in marinebiologie. Maar veral in haar vriendin Maretha. Annatjie het nie keuring vir die kursus gekry nie, maar minstens woon sy naby die see. Gedurende haar eerste monoloog, dalk al met die eerste sin, vertel sy hoe haar vriendin haar hand vashou. En hoedat hulle saam walvisse kyk. Hierdie walvisse-kyk word later, minder vrolik, weer relevant.

Volgende aan die beurt is Liz (Milan Murray).

Liz is die ma wat vyf kinders by drie mans het. Die skrywer van Liz se teks klink of die persoon presies weet wat alles in 'n doeksak pas. Liz klink besonder moeg en of haar murg deur haar kinders uitgesuig is. Liz se geheim klink aanvanklik nie aardskuddend geheimenisvol nie, maar dis later baie belangrik. 'n Aanhaling, as gevolg van wat Liz vertel, is dalk die grootste "les" wat mens uit hierdie toneelstuk sal leer. Dis baie waardevol. Dankie, Liz. Ek gaan in Lord of the Rings moet naslaan om jou woorde weer te kan lees.

Bea (Antoinette Louw) is aan die woord wanneer die lig by Liza verdoof. Bea is ontnugter deur die lewe, dalk al op sewentien, toe 'n man haar sigaret aangesteek het. Bea maak die gehoor bang oor wie hul dogtertjies op sewentien kan ontmoet, maar veral oor 'n situasie waarin hierdie dogtertjies nie op sewe-en-dertig vasgevang moet wees nie. Bea is onseker. Die laaste ding wat Bea te kenne wil gee, is dat sy onseker is. Bea reis na verre lande. In haar kop. Bea wens die lewe was perfek. Sy wens elke Kersfees is wit. Sy wens haar ma was nie vet nie. Sy wens iemand het haar verstaan. Snaaks, dis presies wat haar susters ook wens.

Hulle maak beurte om te gesels, dié drie susters. Hulle wek almal deernis, maar op baie verskillende maniere. Die gehoor hoor hulleself praat, afhangende van wie aan die woord is.

Dis moeilik om enige van die drie aktrises uit te sonder. Antoinette Louw, Milan Murray en Cintaine Schutte skitter elk in hulle onderskeie rolle. Hulle is eerlik en snaaks en menslik. 'n Mens kan verstaan dat hierdie drama vir vyf Fiësta-toekennings benoem is.

Annatjie se ode aan haar vriendin is die mooiste liefdesverklaring in die drama. Die vraag ontstaan wie die mans is wat bemin word - en waarom is die twee wat van mans hou, dan vir hulle mans lief? Is dit dalk ook amper liefde, nes die dorp waarvandaan hulle kom?

En op die ou end is daar 'n ramp wat plaasvind, en daarna dalk nog 'n groter een, wat die drie susters saamsnoer. Dis nie net 'n Kersete wat hulle moet oorleef nie, daar is nog iets. En hierdie slag gaan hulle nie kan maak of dit nie plaasgevind het nie.

Amper, Vrystaat handel op die ou end dalk nie net oor die verhouding van drie susters met mekaar nie. Dit betrek die oeroue kwessie van die ma-dogter-verhouding, met al sy kompleksiteite, sy skuldgevoelens en sy liefde, hoe verwronge ook al.

Amper, Vrystaat raak mens aan die hart. Dis die soort stuk wat veroorsaak dat 'n lid van die gehoor direk daarna haar ma sal bel om 'n slag te vra hoe dit gaan.

The post US Woordfees 2016: Amper, Vrystaat appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>