Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

US Woordfees 2016: Om met respek van mekaar te verskil

$
0
0

Bettina Wyngaard (foto: Naomi Bruwer)

Dit is ʼn wanopvatting dat almal wat oor gay mense skryf gay is, het die romanskrywer, regsgeleerde en aktivis Bettina Wyngaard tydens die bespreking van haar jongste boek, Slaafs, by die US Woordfees gesê.

Haar vorige roman, Vuilspel, was die eerste roman in Afrikaans wat fokus op lesbiese karakters uit die bruin gemeenskap. Dit sluit aan by die jongste tendens in die Afrikaanse letterkunde en buitelandse literatuur: ’n herontginning van die speur- en misdaadverhaal.

In Afrikaans is daar die ongekende sukses van Deon Meyer, binnelands en buitelands, die werk van Karin Brynard, Chris Karsten en vele ander.

Met haar derde roman, Slaafs, breek sy grond in Afrikaanse fiksie met die fokus op mensehandel. Melt Myburg het met die bekroonde krimiskrywer gesels by vanjaar se US Woordfees.

Bettina Wyngaard is ’n Overbergse skrywer, dromer en aktivis. Haar debuutroman, Troos vir die gebrokenes, is in 2010 met die Jan Rabie Rapport-prys bekroon.

Sy is ʼn gereelde rubriekskrywer vir LitNet wat bekend is vir haar reguit en dikwels niepolitiek korrekte opmerkings. Dié boorling van Grabouw, waar sy steeds woon, is om dit kort te stel aweregs.

In haar jongste boek fokus sy op mensehandel en die impak daarvan. ʼn Onderwerp waarvan bitter min Suid-Afrikaners kennis dra.

Weinig mense besef dat daar in Suid-Afrika mense is wat uit ʼn dorp soos Ceres weggelok word met mooi maar leë beloftes en uiteindelik as “slawe” op die Kaapse vlakte in Mitchellsplein beland om agter slot en grendel as huishulpe of elders as seksslawe te werk.

Die mensehandel wat onder die meeste Suid-Afrikaners se neuse gebeur het haar aangespoor om haar derde roman te skryf.

In haar jongste boek is die hoofkarakter ʼn gay vrou. Die eerste vroulike gay hoofkarakter in Afrikaanse fiksie.

Wyngaard sê sy hoop om met die skryf van die boek sommige van die geykte stereotipes af te breek.

Nog een van die karakters in haar boek is ʼn middeljarige wit Afrikaanse polisieman.

Aanvanklik sou hy die rol van ʼn skurk speel. Met die skryf van die boek het hy teen haar eie verwagting in as een van die goeie ouens onwikkel. Daarmee breek sy nóg een van die talle stereotipies in die samelewing af.

“Ek hoop dat ons iewers in die toekoms by ʼn plek kom waar dit nie nodig is om te verduidelik waarom mense wit, of gay of swart is nie," het sy gesê.

Omdat van haar karakters gay is vra mense soms of sy ook gay is. “Het jy ʼn kêrel,” vra mense haar dikwels omdat sy oor gays skryf. Nee, antwoord sy dan, ek het ook nie ʼn meisie nie. “Wat maak dit saak of iemand gay is of nie?”

Hoewel haar loopbaan as regsgeleerde grotendeels in Engels is, verkies sy om haar romans  in Afrikaans te skryf. “Vir my kreatiewe werk verkies ek om in Afrikaans te skryf,” sê sy.

Vir buitelanders met wie sy gereeld in aanraking kom tydens internasionale konferensies is dit gewoonlik ʼn groot skok wanneer hulle hoor die swart vrou is eintlik Afrikaans. “But how can it be, you are not a boer,” is van die reaksies wat sy moet aanhoor omdat sy nie wit is nie maar Afrikaans.

Sy het baie empatie gehad met die studente wat hulle beywer vir die Open Stellenbosch en Feesmustfall-veldtogte. Maar iewers langs die pad het hulle haar respek verloor omdat hulle nie dissipline ken nie.

Sy glo Stellenbosch moet meer oop wees vir almal. “Ek vermoed egter die huidige twis oor taal by die universiteit gaan nie regtig oor Afrikaans nie maar oor ander dinge.”

Die oplossing vir hierdie uitgesproke aktivis, regsgeleerde en skrywer lê daarin dat daar groter interaksie tussen die verskillende groepe moet wees. Sy glo baie van die probleme rondom die taalkwessie sal dan vanself verdwyn.

“Soms is mense té polities korrek. In die proses huiwer baie mense om te skryf en te sê wat gesê moet word. Die geheim lê in respek vir mekaar, sê sy. As mense met respek van mekaar verskil sal meer mense luister na dit wat jy wil sê.”

The post US Woordfees 2016: Om met respek van mekaar te verskil appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>