Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Filmresensie: Happiness is a four-letter word

$
0
0

happines250Happiness is a four-letter word

Regisseur: Thabang Moleya

Spelers: Mmabatho Montsho, Khanyi Mbau, Renate Stuurman, Chris Attoh, Tongayi Chirisa, Richard Lukunku, Terence Bridgett, Emmanuel Castis

Die draaiboek is koning, sê die filmmense, en die uitstekende Trumbo wat nou op ons kringloop is, wys dit ook duidelik. Daarom is dit so verblydend dat Suid-Afrikaanse filmmakers al meer van ons romans tot films verwerk. Om net ’n paar te noem: die Spud-flieks (boeke deur John van de Ruit), Anchien Troskie se Dis ek, Anna, Die ontwaking (Abel se ontwaking deur Chris Karsten) en Sink (Rachel weeping deur Brett Michael Innes). Voeg daarby Happiness is a four-letter word, gegrond op die debuutroman van Cynthia Jele, met haar ook as draaiboekskrywer (altyd ’n goeie praktyk).

Dis chicklit wat ’n chick flick geword het (aaklige benamings), oor die wel en wee van drie vriendinne in Sandton, Johannesburg. Nandi (Mmabatho Montsho), Zaza (Khanyi Mbau) en Princess (Renate Stuurman) is professionele vroue uit eie reg, maar ai, die verhoudingslewe is maar moeilik. Die verhaal wentel om Nandi, wat vennoot gemaak word in die regspraktyk waar sy werk. Tuis wag haar verloofde geduldig, maar hy sukkel finansieel. Tussen die troureëlings deur moet sy boonop rekening hou met sy eks en sy vyfjarige seuntjie. Zaza het ryk getrou. Sy kan alles koop wat haar hart begeer, maar haar man is gedurig weg op sakereise en sy troos haarself met ’n minnaar. Princess het haar eie kunsgalery. Sy is sku vir verhoudings en bepaal haar by eennag-plesiertjies – tot sy ’n aantreklike fotograaf uit die township ontmoet.   

Aanvanklik, terwyl die karakters nog bekendgestel word, is die fliek die tipiese gekweel oor hoëhakskoene, modes en salonbehandelings. ’n Mens voel dit kon net so wel Amerika gewees het, die leefwêreld van Beyoncé of Nicki Minaj. Maar stadig begin die storie jou intrek met die vroue se werklike wroegings, tot ’n eindresultaat met houding én hart.

Die rolleregisseur verdien volpunte. Die drie aktrises is elkeen perfek vir haar rol – Khanyi Mbau is toe nie net ’n sosiale vlinder nie, sy kan regtig toneel speel. Die byspelers bring ook almal hul kant. Die film is in alle opsigte so glad en afgerond soos enige oorsese produk in die ligte genre (amper sê ek eye candy-genre).

Ek beveel dit met graagte aan vir liefhebbers van romantiese flieks.

Sterre:

The post Filmresensie: Happiness is a four-letter word appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>