Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

US Woordfees 2016: LivingIt Ubuntu Jeugfilmfees

$
0
0

Die vyfde en jaarlikse LivingIt Ubuntu Jeugfilmfees vind op 13 Maart 2016 by die US Woordfees plaas. Die geleentheid word gratis by die Oude Libertas Kuns- en Kultuursentrum in Stellenbosch aangebied en duur van 15:00 tot 21:00.

Projekbestuurder Ronel Geldenhuys gesels met Naomi Meyer oor die fees.

Hallo Ronel, wie is die jong amateurfilmmakers wie se films by die LivingIt Ubuntu Jeugfilmfees te siene sal wees?

Enigeen wat kwalifiseer as jeug kan inskryf. Maar ons het meestal met skoolkinders te doen. In ons 2 Schools Pairings bring ons arm en ryk skole bymekaar om films te maak. Hierdie jaar het LivingIt nie self films gemaak nie, maar 26 inskrywings gekry van jong filmmakers van alle rasse tussen die ouderdomme van 17 en 33.

Hoe is die films gekeur wat te sien sal wees?

Ons vier beoordelaars is swaargewigte in die filmwêreld: Tim Spring (legende) en Dani Flockton van CityVarsity, Leon van der Merwe, die direkteur van die Cape and Winelands Filmfees, en Martin Botha, dosent in film en media by UCT.

Almal moet iewers begin – is daar filmskole waar die jong amateurfilmmakers hul idees en wenke kan ontwikkel en waarvandaan julle filmfees voorstelle kry om so ‘n jeugfilmfees saam te stel?

Ons hou van tyd tot tyd werkswinkels. Ons het twee werkswinkels aangebied in samewerking met CityVarsity met ons onlangse “Call for entries”.

Wat is die doel van die LivingIt Ubuntu Jeugfilmfees?

Om ‘n platform te gee aan die stem van die jeug vir ‘n wêreld van eenheid, gemeensaamheid en vrede.

LivingIt Ubuntu Youth Film Festival het hierdie foto verskaf waarop Navan, Coetzee en Brandon verskyn.

Watter temas duik gereeld op, indien daar sulkes is, as jongmense films maak?

Hierdie jaar het ons weer ‘n baie wye spektrum. Vanaf fantasie, die magiese invloed van ‘n glimlag, tot MIV en Vigs, die invloed van boelies, tienerswangerskap, die randfigure van ons samelewing wat nie deur ons geïntegreer word nie, en die skokkende effek van ons menslike verwoesting van die ekosisteem.


 

Die werk van jong Suid-Afrikaanse amateurfilmmakers word by die vyfde LivingIt Ubuntu Jeugfilmfees gevier tydens die US Woordfees, by die Oude Libertas Kuns- en Kultuursentrum in Stellenbosch, op Sondag 13 Maart 2016 vanaf 15h00 tot 21h00.

Hierdie fees, wat deur die Nasionale Loteryekommissie (NLC) geborg word, bevat al die elemente van ‘n prettige en betekenisvolle uitstappie met werkswinkels, kompetisies, handvlyt en kosstalletjies.

Tydens die fees word kort vyfminuut-films wat deur amateur-jongmense vervaardig is, vertoon. Benewens die ubuntu-tema – “bring mense byeen” – het die fees ‘n nalatenskap om talent te koester met werke op YouTube, plaaslike televisie- en internasionale fliekskerms so ver weg as Boston, Toronto, Edinburgh en Londen. Party van die wenners, soos Kobus Potgieter, het selfs volbloed-filmmakers geword.

The post US Woordfees 2016: LivingIt Ubuntu Jeugfilmfees appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>