Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately. |
Die wind skarrel oor die sand, elke nou en dan, maar andersins is dit ‘n sonbakoggend op die strand, met die golwe wat met reëlmaat inkom en weer langsaam terugtrek. ‘n Seemeeu kras verby, soekend na eetgoed om op te raap.
Breyton lê op sy rug op ‘n geblomde handdoek en rus op sy elmboë en kyk uit oor die blougroen see. Hy sug behaaglik en staan dan op en kyk reg rondom of hy enigiemand anders op die privaat strand sien. Agter hom, sowat 30 meter op, eindig die wit sand in fynbos wat willekeurig in ‘n lang ry groei, al met die kus langs, en bokant dit is ander ruigtes en vygies wat opgroei tot waar die drie houthuisies staan. Syne is in die middel en hy weet die ander twee is verlate, want dis buite seisoen en hy het net vir ‘n naweek kom rus. Hy het die vorige aand aangekom, lekker geslaap en vroegoggend gaan stap op die strand en nou sy handdoek kom oopgooi om bietjie tan te vang.
Hy het net sy swembroek aan, sy sonbril op sy kop, en ‘n sakkie met sonbrandroom, ‘n
liter yskoue Valpré-water en ‘n boek lê langs sy handdoek.
Met die verlate strand om hom buk hy en trek sy swembroek uit en vou dit op en plaas dit op die sakkie. Hy rek homself uit en beweeg sy hand oor sy penis en skrotum en skud dit los. Hy is mal oor naak tan, asof dit sy vryheid weerspieël.
Hy hurk en gaan lê weer en smeer die room welig oor sy middelrif en geslagsdele, wat nooit son sien nie. Die egalige smeer laat sy voël effens opkom en die pers kop dwing amper deur die voorhuid met dik are al teen die skag af. Hy het al gehoor dat hy welbedeeld is, nie net in lengte nie maar ook in dikte.
Hy glimlag en lê terug, plat op sy rug. Hy haal die boek soek-soek uit die sakkie, vou dit in die middel oop en plaas dit oor sy gesig.
Die son het hom lomerig gemaak en hy maak sy oë toe en begin sluimer. Sy voël lê skuins oor sy maag.
*
Hantie het hierdie Saterdagoggend besluit sy wil haar liggaam bietjie sonbruin en seewater gee, in haar Kewertjie gespring en afgery na Vygiestrand waar haar ouers ‘n strandhuis het. Sy is in haar tweede jaar, swot beeldende kunste, aanvallig met lang bruin hare en amberkleurige oë. Sy is baie fiks van marathon hardloop by die varsity en het vol borste met ‘n dun middeltjie en lang, mooi bene.
Sy spring uit die karretjie, gryp haar handdoek en sluit die motor.
Sy sluit die huisie oop, stap binne en trek haar denimkortbroek uit, sowel as haar skamele hempie wat net onder haar borste (sonder bra) met ‘n knoop vaskom. Sy gooi die klere op die bed neer.
Sy kyk vinnig na haarself in die vollengtespieël en kommetjie haar borste met haar hande, 36D met lang, dik wynrooi tepels, wat nou orent staan van al die geskarrel, af na die plat magie met die klein, borduurfyn deurskynende broekie wat net-net die bult van haar koekie bedek.
Fokkit, ek gaan net so swem vandag, hier’s niemand anders nie, dink sy by haarself terwyl sy ‘n lastige haarkrul oor haar kop na agter gooi, haar sonbril opsit en met ‘n gryp na die handdoek by die deur na die strand uitgaan.
Sy struikel buite amper oor ‘n plant se wortel en spring oor die fynbos en strompel ‘n paar treë in die sand af voordat sy tot stilstand kom en opkyk.
Sy verstar en haar hande gaan instinktief op om haar buuste te bedek. Sy voel ‘n ligte blos opstoot in haar nek terwyl sy staar na die naakte man wat op sy rug op die sand, so 25 meter van haar af, lê.
Hy is soos ‘n Adonis gebou met mooigevormde skouer- en pektorale spiere en definisies van sy maagspiere wat stadig op en af beweeg. Hy slaap ooglopend.
Haar oë dwaal vinnig oor sy lyf, maar sy kan nie help om te staar na sy goedbedeelde manlike orgaan nie.
As beeldendekunste-student het sy al ‘n menigte mansmodelle gehad wat vir haar naak poseer en uit die klei moes sy sulke anatomiese vorme met haar hande maak, maar sy het nog nooit so ’n mooi penis gesien nie. Sy skrik vir haar eie gedagtes wat erotiese seine uitstuur, skud haar kop en besef meteens dat van sy maag af tot tussen sy dye is sy vel ooglopend al effens rooi geskroei. Sonder enige denke aan nagevolge stap sy tot langs hom en gooi haar handdoek saggies oor sy onderlyf en sê: “Hei … verskoon my … maar jy gaan baie seer brand.”
Sy besef skielik sy is amper heeltemal kaal en spring om en hardloop see toe.
Breyton het wakker geword en sit halfpad orent voor hy sissend asem intrek vir die sonbrand op sy lyf. Hy sien die vreemde handdoek oor sy onderlyf en kyk op en sien die mooiste ferm boudjies op la-a-ang bene wat weghardloop see se kant toe. Hy spring instinktief op, besef die situasie en sit haar met lang hale agterna. Sy voël klap-klap teen sy dye.
Soos hy die water bereik, hoor hy haar uitbundig gil as ‘n golf haar amper omdompel. Hy sleur deur die water tot so vyf meter van haar af en roep: “Verskoon my! Hallooooo!”
Sy swaai om en hy sien haar verruklike borste met die penorent dik wynrooi tepels (seker van die water) net voor sy haar arms optrek om dit te bedek.
“E-ek het gedink ek is alleen hier ... Ek bedoel ... sorrie … m-maar ek … dankie,” stotter die woorde uit hom uit. Hy sien haar groot bruin oë en sy blik dwaal vinnig oor die res van haar lyf.
Sy gee ‘n lang verleë laggie en sê : “Toemaar jy het my nou in dieselfde posisie gevang sonder veel klere.” Sy oë kyk af na haar gebulte koekie wat die volle spleet vertoon in die nat deurskynende broekie wat aan haar vaskleef.
Hy besef hy is besig om ‘n ereksie te kry. Haar asem begin jaag as sy dit ook sien, maar dan gryp hy haar hand en terwyl hulle uit die water uithardloop, skree hy: “Kom ons gaan word droog en drink iets by my plek en leer mekaar ken.” Hulle lag al twee soos hulle hardloop, want hulle het mekaar se naaktheid gesien, so wat nog wil hulle leer ken?
By hul handdoeke tel sy haar handdoek op en knoop dit om haar lyf bo-oor haar borste, skuif haar sonbril bo-op haar kop en tel sy boek op wat heeltemal eenkant toe geval het met blaaie wat in die briesie waai. Hy knoop sy handdoek om sy middel en tel sy bril en sakkie op. “Fifty Shades of Grey,” lees sy die titel hardop en sê: “Ek dreig al so lank om die boek te lees.”
Hy neem weer haar hand en saam stap hulle op na sy huisie. Hy sê, met ‘n glimlag: “Ek sal jou alles daarin vertel en wys.”
Hy stoot sy voordeur oop en laat haar voor hom inloop. Wanneer hy die voordeur toeskop agter hom, sit hy sy bril en sakkie op die naaste tafeltjie neer en neem haar in sy arms. Sy wil nog teëstribbel, maar as sy lippe oor hare vou en sy sy soekende tong proe, gee sy mee. Sy voel hoe hy die handdoek om haar losgemaak het en laat val het en sy stoot syne ook af. Sy erekte voël spring op teen haar liggaam en haar asem jaag as hy haar vir ‘n oomblik terugstoot en in haar oë kyk. Dan stap hy met haar vorentoe tot sy die tafel teen haar rug voel. Soos hy haar daarop lig, tel hy haar lang bene oor sy skouers en buk af en blaas sy asem oor haar koekie. Rillings gaan deur haar liggaam as sy hande opkom en haar tepels begin vryf. Dan is sy mond op haar en hy suig haar in terwyl sy tong haar klit rol tussen sy tande .
Haar hele liggaam dring op na sy mond en sy vingers voel hoe haar tepels kliphard word onder sy vingers se aanhoudende vryf. Hy knibbel liggies aan haar klit en stoot dan sy tong vinnig in, uit, in, uit, aanhoudend ...
“O fok!” roep sy skielik. “Kom staan hier by my gesig, maar hou jou vingers daar onder.”
Hy stap om en sy neem sy voël met al twee hande en begin dit op en af vrywe dat die voorvel die groot pers knop ontbloot, toemaak, ontbloot, toemaak ... Hy voel sy testikels saamtrek en dan skuif sy die skede heeltemal af en sit sy penis in haar mond. Hy voel ekstase wat soos weerlig op ‘n sinkdak oor sy hele liggaam dans. Sy vingers beweeg nog vinniger oor haar klit asof in antwoord op die bewegings van haar mond oor sy voël. Net toe hy dink dis te laat om te stop, pluk sy sy voël uit en sê: “Sit hom nou in!”
Hy stap om die tafel, maar sy het klaar afgeklim en met haar hande wat die tafel vashou, staan sy gebukkend met haar boude in die lug. Hy gaan staan agter haar en terwyl sy een hand haar boude oopsper, vat sy ander hand sy kloppende voël en bring dit tot by die opening van haar poesie.
“Sit in! Sit in ... aaa ….” as hy sy volle 13 cm met een slag instoot. Haar onderlyf begin dadelik ritmies saam met hom beweeg asof hulle in sync is. Hy buk vorentoe oor haar en neem weer al twee haar borste van agter af in sy hande, Haar hande is albei krampagtig op haar eie boude asof sy hulle wil verder oopmaak.
Sy asem begin effens jaag as die tempo nou al hoe vinniger raak en sy gee klein kreuntjies elke slag as hy tot heel agter in haar beur. “Ek’s naby, ek’s naby,” kreun hy. “Ek kom!” skree sy. Die tafel skuif eintlik vorentoe as haar hele lyf in spasmas gaan soos sy haar orgasme bereik. Hy wil uittrek, want hy voel sy saad opkom in sy voël, maar sy skree: “Moenie uittrek, nie asssseblieeeef!” Hy kom oor en oor in haar, voel hoe sy saad uitskiet en uitskiet.
Na haar orgasme bedaar het, met sy kloppende meneer nog steeds in haar, lê Hantie op haar regterwang op die glasblad met haar oë toe en herleef weer elke eksotiese oomblik wat so pas met haar gebeur het. Sy voel gevuld en bevredigd.
Breyton speel met ‘n haarkrul van haar in sy een hand terwyl hy haar baie saggies en teer soen in haar nek agter. Hy besef hoe nodig hy hierdie seksuele ontlading nodig gehad het, en nog meer die samesyn van iemand en deel wees van ‘n baie spesiale oomblik in sy lewe.
Hy kom orent en trek sy penis uit wat nog glimmend nat is. Hy trek haar aan haar een hand om na hom toe dat sy regop kom.
“Was dit lekker?” vra hy.
Sy kyk dringend op in sy oë en sê: “Baie special … en vir jou?”
Hy knik en vat haar hand met ‘n drukkie en lei haar na die bed toe.
Hy gaan lê op sy rug en vra haar: “As jy nou velroom smeer aan my rooi liggaamsdele, wat brand soos hel, sal ek koffie maak vir ons of doen net wat jy nog wil.”
Sy stap oor na waar sy sakkie lê en haal die room uit, en ‘n tissue, en met haar rug na hom vee sy vinnig hulle kom af van haar koekie en draai dan om.
Haar vingers het reeds ‘n groot spuitvol uitgestoot op haar vingers toe sy by sy bobene op haar knieë gaan sit en dit op sy maag begin invryf. Sy liggaam ruk en hy sê: “Sjoe, dis koud!” Sy vryf die room behendig en vinnig in oor sy maag en binnebene, in sy bekken en dan sy skrotum. Wanneer sy sy slap penis begin invryf, is sy verbaas as dit weer begin styf raak.
Sy kyk op na sy gesig. Hy glimlag en sê: “My naam is Breyton, by the way.”
Sy voel haarself bloos as sy saggies fluister: “Ek’s Hantie.” Sy kyk af om te konsentreer op die roomsmeer. Sy voël het nou weer amper halfpad herrys en sy verwonder haar weer aan die dik are wat op die skag en voorvel uitbult.
Hy sê: “Kom sit hier voor jy aangaan.” Sy kyk na hom en hy beduie na sy gesig. Sy snap dadelik en lig haar een been oor hom dat sy met haar rug na hom op hom sit en skuif dan agtertoe dat haar onderlyf oor sy gesig is. Dan sak sy vorentoe en neem sy penis, wat nou weer stokstyf is, in haar mond terwyl sy voel hoe sy tong in haar koekie inglip.
Sy ruik die amper kamferreuk van die sonroom terwyl sy stadig op en af met sy voël in haar mond beweeg.
Hy het ‘n helse sonbrand gehad ...
The post Hygliteratuur: Sonbrand appeared first on LitNet.