My taal is meer
As 'n blote bode
Van die mond tot die oor.
Meer as 'n geskrewe kode,
Is my taal die draer
Van ewige elegieë
En tydlose odes.
My taal is die lewende lint
Waarlangs ek myself
Altyd weer kan vind.
Daarom wil ek my taal laat síng
My taal besíng
Voordat iets die deur oopdwing
En die pen
Uit my gevoelige vingers
Wríng.
The post Laat ek my taal nie verloor nie appeared first on LitNet.