Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2015

$
0
0

 

'n Woord kan 'n tydsgees vasvang.

In 2013, toe LitNet die eerste keer LitNet se Suid-Afrikaanse woord van die jaar-kompetisie aangebied het, was die woord op almal se lippe "e-tol".

Een van 2014 se mees emotiewe woorde was "beurtkrag". (Sien "Woorde van 2014", deur Willem Botha en die WAT.)

Wat is 2015 se Afrikaanse woorde - woorde wat ontstel, prikkel, of die heersende gesprek saamvat?

Stuur jou “LitNet-Woord van die Jaar 2015” voor 7 Desember 2015 aan: naomimeyer@litnet.co.za. Slegs een inskrywing per persoon.

Ons ondersteuners gaan hul gemeenskappe ook nooi om hul kortlyste van tien woorde te bepaal. Hierdie ondersteuners is:

  • Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV)
  • Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)
  • Netwerk24
  • Radio Sonder Grense (RSG)
  • Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
  • Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)

Hierdie kortlyste sal almal op LitNet gepubliseer word.

LitNet sal R1000 toeken aan een woord, die sterkste inskrywing volgens LitNet se redaksie. LitNet behou hom die reg voor om geen prys toe te ken nie.

Alle uitslae sal gedurende Desember op LitNet verskyn.

Hierdie kompetisie word ondersteun deur:

anderlogosbywoordvandiejaar2015

 

The post LitNet se Afrikaanse woord van die jaar 2015 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>