Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Bloemfonteinse Skrywersvereniging: Bestuur vir 2016

$
0
0

Voor: Lelani Fourie (tesourier/sekretaresse), Douwlina du Plessis (ondervoorsitter) en Corlietha Swart (voorsitter: BSV – Nov 2008 - 2016). Agter: Karen van Vuuren, Joe Mynhardt en Ronelle Meyer (bestuurslede).

Die nuwe BSV-jaar beloof om in 2016 weer vele hoogtepunte op te lewer, met die Nasionale BSV-Skryfwedstryd 2016 wat weer geborg word deur die Fakulteit Geesteswetenskappe van die Universiteit van die Vrystaat, hierdie keer met ’n hele R18 000 prysgeld, asook die Nasionale BSV-Slypskool op Saterdag 20 Augustus 2016 met die dinamiese digter, resensent en akademikus Joan Hambidge as BSV-Slypskoolaanbieder 2016!

Dis nou hoogtepunte buiten vir twee BSV-publikasies waarin lede en skryfwedstrydwenners se skryfstukke jaarliks verskyn, asook die gewone agt jaarlikse byeenkomste waarin BSV-lede vanoor die hele land deur middel van skryfopdragte, interessante sprekers en voorlees-en-slypsessies (vir diegene wat geografies naby bly en byeenkomste kan bywoon) hul skryfvaardighede voortdurend kan slyp en hul selfs vir uitsonderlike prestasies vereer kan word by die prysaand (hou gerus die BSV-webwerf en BSV-Facebook dop vir die jaarprogram en meer inligting).

Lees ook:
Bloemfonteinse Skrywersvereniging: Slypskool 2015 saam met Deon Meyer

Digters en skrywers word genooi om gerus nou reeds die slypskooldatum rooi op die nuwe 2016-kalender te omkring, want, gegewe die profiel en gewildheid van Joan Hambidge as slypskoolaanbieder, gaan  die beskikbare slypskoolplekke beslis vlieg! Hou gerus ook die BSV-webwerf dop vir 2016 se BSV-Skryfwedstrydonderwerpe – weens veranderde skolesillabusse en om skole genoeg tyd vir deelname te gee, het die BSV-bestuur in November reeds tydens ’n tema-aand die skryfwedstrydonderwerpe gefinaliseer vir 2016 se skryfwedstryd en sal dit binnekort op die BSV-webwerf bekendgestel word sodat leerders, studente en volwasse deelnemers rustig reeds in die Desembervakansie (op die strand) kan begin skryf aan hul wenverhale of –gedigte.

The post Bloemfonteinse Skrywersvereniging: Bestuur vir 2016 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>