Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20678

Cullen deur Tod Collins: ’n resensie

$
0
0

Cullen
Tod Collins
Uitgewer: Reach Publishers
ISBN: 9780620646109

Dis nogal interessant om ’n kortverhaalskrywer met so ’n lang asem in ’n vollengteboek in aksie te sien.

Dis ’n goeie storie, maar hier en daar kon sekere sinne maar weggelaat word, of dalk net bietjie oordink word.

Skuif dít egter eers opsy.

Cullen deur Tod Collins laat reis baie toweragtig klink, dié moet jy toegee. En die storie van die pakkie, wat selfs kleiner as ’n gewone pakkie, maar groter as ’n koevert is, wat die wêreld vol gaan, dít hou die leser. Daar is ’n geheimsinnigheid daaraan, ’n soort mistiek.

Daar is baie goeie dinge oor Collins se jongste boek te sê, wat ook outobiografies is.

Die storie begin presies reg. Dit trek jou in.

Dit bly ’n meesleurende verhaal oor ’n bergklimekspedisie wat ’n tragiese afloop in 1975 neem. Die gevolge van dié gebeure word in die boek verwoord. En daarmee saam word ’n misterie ontsluit wat lekker stof vir ’n boek, fiksie of nie-fiksie sal maak. Dis gewis ’n goeie storie.

Die boeiende eerste bladsy beloof soveel wonderlike beskrywings wat jou werklik tot na die pieke van die Himalaya-bergreeks in Nepal neem.

Daar is egter dele waar die storie bietjie momentum verloor. Daar is baie goeie beskrywings, maar omdat die eintlike verhaal wat die resensent aanvanklik nuuskierig gehad het, so dikwels onderbreek word, sukkel dit om enduit geesdriftig te bly. In dieselfde asem laat hou die aanvanklike raaisels wat bekoor jou tog aan die lees.

In ’n mate is dit ’n reisjoernaal, maar dit vertel ook van ’n lewensreis. Een van die bestemmings in hierdie boek is die Lhotse – die vierde hoogste piek in die Himalaja-bergreeks.

Die oorvloed karakters maak dit soms effe moeiliker om te volg, maar ’n bietjie konsentrasie doen niemand kwaad nie. Daar is baie ander dinge wat ’n mens se aandag aftrek, terwyl jy eintlik wil verder lees aan die baie goeie eerste bladsy wat nou met soveel ander goed onderbreek word.

’n Mens kán baie hieruit leer. Oor reis, oor daardie spesifieke bestemming. Spesifiek oor reise na die Himalajas in Nepal, Asië. Die raaisel om die pakkie en dié se bestemming, ’n lessenaar in die Pasifiese Eilande waar dit wag vir iemand om terug te keer, is ’n boeiende gegewe.

Dit boek praat ’n taal wat jou stellig ’n groter verwysingsraamwerk in dié verband sal bied. ’n Woord soos pakeha (’n wit Nieu-Seelander), om een voorbeeld te noem, kan jy gerus maar onthou.

Die boek se gehalte is nie in twyfel nie.

Die storie maak ’n mens nuuskierig, hoewel dit nie oral (vir dié resensent) lekker lees nie. Tog bly dit steeds ’n boek met meriete, wat ’n mens nogal ’n ding of twee kan wys maak.

The post Cullen deur Tod Collins: ’n resensie appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20678

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>