Die Ingrid Jonker-prys word vanjaar vir Afrikaanse poësie toegeken.
Stuur asseblief drie eksemplare van enige Afrikaanse debuut-digbundel wat in die jare 2015 en 2016 verskyn het en volgens die reglement* vir vanjaar se Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie in aanmerking kom, vir beoordeling na:
Die Ingrid Jonker-pryskomitee
Posbus 657
Stellenbosch
7599
Die sluitingsdatum vir voorleggings is 30 Junie 2017. Die kortlys sal teen 15 Augustus bekend gemaak word en die wenner sal op 1 September aangekondig word.
Ronel de Goede, sameroeper van die Ingrid Jonker-pryskomitee
* Vir die reglement, sien: http://versindaba.co.za/2011/03/23/die-ingrid-jonker-prys/
Lees ook:
The post Ingrid Jonker-prys 2017: Nou oop vir inskrywings appeared first on LitNet.