Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

US WoordTROfees 2017 vereer skrywers

$
0
0

Die belangrike rol wat boeke by die US Woordfees speel, is weer uitgelig met die oorhandiging van die WoordTROfees vir 2017. Die pryse is Dinsdagaand tydens ’n swierige geselligheid by die Landtscap Wynlandgoed oorhandig.

Buiten die pryse vir die beste verkopers in die afdelings vir fiksie, poësie en leefstyl, is daar vanjaar ook ’n toekenning ingestel vir die nie-fiksie boek met die hoogste verkope tydens die fees.

Elmari Rautenbach, koördineerder van die Skrywersfees

Die vier boeke, en hul skrywers, wat pryse ontvang het, is:

Fiksie: Misverstand, Marita van der Vyver (Penguin Random House Uitgewers)

Nie-fiksie: Die Burger 100, Bun Booyens en Aldi Schoeman (Jonathan Ball Uitgewers)

Leefstyl: Elders, die Camino, Erns Grundling (NB Uitgewers)

Poësie: Sulamiet, Lina Spies (Naledi Uitgewers)

Erns Grundling se Elders, die Camino was die grootste verkoper in die Leefstyl-kategorie.

Lina Spies se Sulamiet was die topverkoper onder die digbundels. Nita Cronjé van die ATKV het die prys oorhandig.

Hemelbesem, of te wel Simon Witbooi, wie se boek God praat Afrikaans (Lapa Uitgewers), heelwat aandag getrek het tydens die fees, het ’n spesiale toekenning ontvang. Die Verbondenheidsprys sal voortaan gegee word aan iemand wat tydens die Woordfees presteer maar ook in die WOW-omgewing ’n verskil maak. Dit gee erkenning aan kunstenaars wat ook hul verpligting teenoor die groter gemeenskap nakom en daardeur ander inspireer.

Die US Woordfees se kortverhaalbundel, Wys, wat vir die eerste keer in 2017 verskyn het, se verkope was ook baie goed maar word nie in ag geneem wanneer die pryse toegeken word nie.

Penguin Random House, NB Uitgewers en LAPA het elkeen drie boeke onder die Top 10. Twee boeke deur die relatief klein Naldei Uitgewers, Wat moet ons met die kerk doen? deur Jurie van den Heever, en Spies se Sulamiet, het ook die Top 20 gehaal. In die Top 20 het NB nege titels, gevolg deur Penguin Random House met vier.

Die Top 20-verkopers is:

1. Misverstand, Marita van der Vyver – Penguin Random House

2. Wys, US Woordfees-kortverhaalbundel – SUN

3. Elders, Erns Grundling – NB

4. Die Burger 100, Bun Booyens Aldi Schoeman – Jonathan Ball

5. God praat Afrikaans, Hemelbesem – LAPA

6. Eindspel, Wilna Adriaanse – NB

7. Hoe Verklaar jy dit? Danny Fourie – Penguin Random House

8. Smeul, Riana Scheepers, Marietjie Koekmoer en Leonie Scholtz – LAPA

9. Web, Naomi Meyer – NB

10. Lugkasteel, Annelie Botes – Penguin Random House

11. Koljander, koljander so deur die bosch, Annatjie Melck – LAPA

12. Op ’n dag, ’n hond, John Miles – NB

13. Wat moet ons met die Kerk doen? Jurie van den Heever – Naledi

14. Huilboek, Ryk Hattingh – NB

15. Emily Hobhouse, Elsabe Brits – NB

16. Isabella, Mariël le Roux –NB

17. Not Without a Fight, Helen Zille – Penguin Random House

18. Sulamiet, Lina Spies – Naledi

19. Alles het kom niet wôd, Nathan Trantraal – NB

20. Fotostaatmasjien, Bibi Slippers – NB

 

Foto's: Naomi Bruwer

Lees ook:

US WoordTROfees 2017: Teater en musiek

"Die wenners van vanjaar se US WoordTROfees is Dinsdagaand tydens ’n funksie by Landtscap-wynlandgoed net buite Stellenbosch bekendgemaak. Hier is die wenners."

 
US WoordTROfees aan WOW se Onderwyser en Skool van die Jaar

"Die US Woordfees gee jaarliks erkenning aan besondere onderwysers en skole wat die WOW-projek (Woorde Open Wêrelde) steun en saam met ons ’n verskil aan kinderlewens wil maak deur opvoedkundige aktiwiteite in die kinders se moedertaal en ’n blootstelling aan teater en kultuur."

The post US WoordTROfees 2017 vereer skrywers appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>