Oftewel "Anti-Black" en Werner Ferns se teëvoeter "Lily White".
Die "tête a tête" skermutseling tussen die twee was fun om te lees. Die "nuances" die onderliggende steekwoorde en humor deurgaans het my geboei.
Vandag het ek van my genotvolle skrywers en ook skrywers wat dit kon regkry om die emosies te kon opjaag weer gelees, om 'n eentonige dag om te kry. Onder hulle was Perdebytjie, Cornelius Henn, Afrikaan en sy bitsige aartsvyand Anton Barnard, Ran Doodt, en 'n paar ander nog. En natuurlik was daar ook die meester opsweeper, nl Francois Williams wat tong in die kies dit reggekry het om almal histeries gillend te laat oorreageer! En natuurlik kan ’n mens ook nie van Kobus de Klerk vergeet nie. Ek mis hulle almal hier op SêNet! Dit was vir my lekker dae.
Ten tye van haar onttrekking van hierdie forum 5/4/12, skryf Auntie Schwartz : "My contention is that a few letters covering a single topic does not attract wide readership and will eventually result in this forum petering out altogether. The greater the variety of persons and topics, in the process exuding his/her unique personality and pool of knowledge to share with others, is what will make this forum sparkle."
Last words regarding this forum | LitNet
Toe was sy diep in haar tagtigs. Ek wonder of sy nog lewe?
The post Onthou julle nog vir Auntie Schwarz? appeared first on LitNet.