Soos jy sekerlik behoort te weet was dit hierdie naweek, weereens, Buff. Mens sien, as jy in die Buff-dorp woon heimlik uit om jou maters en mede-bikerkamerade te sien of soms die gesig en arm en skouer se warm druk te mis. Want verlede jaar het Piet homself danksy 'n nuwe wets-uitvoerende beampte teen 'n "verkeersteken" aan flarde gery dat sy stukke deur kamerade verwyder moes word bloot omdat ons eie dienste (beide staat en privaat - genoteerd die werke) hul bydraer se plig versaak het. Soos dit gaan in enige moderne, NUWE! en verbeterende vernederende samelewing waar lewe minder werd is as die deursnee biker se brandstoftenk se inhoud.
Elke jaar is daar een Bra minder. Elke jaar die slagoffer van iets buite ons wat saamstaan se beheer. Want ons is altyd broers ongeag vir watter chapter jy ry of nie ry nie.
Want anders as met die res van hierdie samelewing wat hul kodes moes vaspen met handveste wat nooit, maar nooit, toegepas word nie en leë beloftes wat nooit vervul word nie en die bewyse van die sukses van hierdie bose stelsel wat besig is om ons begraafplase oorbevolk te maak sit ons en mymer oor waarom die Bra's wat kan opdaag al minder raak en die antwoord is altoos: "Dinge knyp, my bra ..."
"Maar hoe dan so? Ek sien dan die politici en die amptenare en die media praat dan so anders?"
"Jy weet mos hulle is almal vol kak en wie luister nog na hulle en wie lees hulle kak?"
"Kom ons gaan op een wiel bietjie, dat ons kan ontslae raak van die kak wat ons bloed besoedel."
Staan vandag in die mees korrupte dorp in die land se administratiewe hart en ek beleef chaos. Want selfs arm drenkelinge wat nie kan loop nie moet in die tou staan want hierdie bose stelsel beveel dit. Haar jammerlike smeek word beantwoord deur 'n polities korrekte aanstelling wat in wese minder as 'n fok vir haar, haar velkleur, en nog minder haar toestand voel. Haar seun wat vir haar plek gehou het word uit die tou uit geboender deur 'n dikgat vrou wat slegs kan roem dat haar vel se pigmentasie effens reg is.
Dalk is dit payback tyd? Vir een of ander onreg wat iemand gedoen het te lank terug om te onthou?
En toe besef ek dat sy nie so uniek is nie. Nog minder haar kamma stelsel. Want niks werk meer nie en die bewys is die tientalle bladsye foliopapier terwyl die kragtigste rekenaars sedert die Afrikaan verstand gekry het skaars 'n verdieping bokant ons koppe in argief staan.
Die dikgat spietkop slinger dik die tou af en toe wens ek hy kon eendag soos 'n ware belastingbetaler spandeer en 'n slag werk vir sy geld.
En toe bel my maters en beduie hulle is veilig met die fietse bo in Gauteng waar dinge nog kakker gaan en toe weet ek dinge sal van hier af net kakker gaan. Want al is daar dalk 'n wil is daar geen weg nie.
oester
The post Buff-nagedagtes appeared first on LitNet.