Windweerstand
Die koue wintersaand
Wat jou laat bewe elke maand
’n Sagte somerwind
Laat jou voete gou in die grond sink
’n Groen uur
Weg van die vuur
En ’n nael in jou
Wat hopeloos te styf vasklou
’n Vesting in die grond
Hier en daar bietjie gewond
Sterk en groot
Maar nooit naby ’n boot.
’n Huisie vir my
Waarin ek elke aand bly
En ’n windjie wat daar is
Dalk ’n vrug of twee, is jy lus?
Die tuiste klein
Sonder ’n druppel wyn
En my hart daar binne-in
Al is die takkie dun.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Windweerstand appeared first on LitNet.