Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

"'n Skande wat onthou sal word": Die diktaat van Open Stellenbosch

$
0
0

Beste lid van PEN Afrikaans

Die Universiteit Stellenbosch skenk tans oorweging daaraan om Engels die verstektaal in hul aktiwiteite te maak. Afrikaans en Xhosa sal as doseertale gebruik word as daar studente is wat dit versoek. Die universiteitsraad moet op 30 November die finale besluit oor dié nuwe taalbeleid neem.

penafrikaans300Ons plaas hierby die reaksie van een van ons lede, Breyten Breytenbach, op die voorgestelde nuwe taalbeleid. Ons sien daarna uit om van ander lede te hoor.

Die Bestuur: PEN Afrikaans

*****


breytenbachb650Die diktaat van Open Stellenbosch

Dit maak eintlik nie saak hoe die rektor se bestuurspan se aanbeveling/besluit betreffende die Universiteit Stellenbosch se taalbeleid ingeklee, bewimpel of opgedollie word nie. Dit maak ook geen saak dat dié wat reeds oorgegee het nog praat van 'n beleid wat deur die Raad bekragtig moet word nie. Dis beledigend om te wil voorgee hierdie besluit is geneem (en is waarskynlik al 'n geruime tyd onafwendbaar) met enige sin of begrip van wat 'n universiteit behoort te wees en die waardes wat dit veronderstel is om te inkarneer, of dat dit geneem sou wees met die belange van die studente in gedagte of selfs met die oog op die belange van die land nie. Dis beledigend en aanstootlik dat "demokrasie" soos 'n vrot vis voorgehou word om die stank van die karkas wat hierdie hele proses is te probeer verdoesel.

Die beleidsbesluit is geneem deur 'n aantal opportuniste wat geen sin of begrip het van wat 'n taal beteken en dra en verteenwoordig en ontsluit en waar dit vandaan kom nie – énige taal, selfs Engels. En dit is geneem onder druk van 'n groep mense wat in feite ook niks voel vir wat 'n universiteit, énige universiteit, veronderstel is om aan te bied nie.

Daar sou ten minste 'n greintjie eer kon gered word indien die universiteitsowerhede erken dat 'n taal maar net 'n kommunikasiemiddel is, hoe eenvoudiger hoe beter, dat hulle in feite nie omgee vir etiese oorwegings of begrippe soos "geskiedenis" of "meervolkigheid" of "identiteit" of toegang tot kennis, of dat daar enige aanspraak op verantwoordelikheid teenoor die Afrikaans van die bruin meerderheid in die Wes-Kaap is nie. Dit sou al help indien die universiteitsowerhede rondborstig wou erken dat dit nog altyd deel was van die bestaansvesel van die Universiteit Stellenbosch om die politieke hegemonie van die dag na die mond te praat –  en dan die karkas van dom lafhartigheid en sinisme te bewimpel in die kleed van akademiese oorwegings, of finansiële haalbaarheid, of om die onaanvaarbare toe te smeer onder voorwendsels van "bestuur". Mens sou byna die beginselvastheid kon bewonder. Mens sou dit objektief kon bejammer as die jakkalsdraaie van 'n instinktiewe fascisme as dit nie so treurige skouspel was nie.

Nou ja, daar sal seker nie 'n vlag gehys word nie, selfs nie eens die wit vlag nie. Dis nie nodig nie. Maar  sal onthou word as die dag waarop die onverantwoordelikheid, gemaksugtigheid, domheid en ruggraatloosheid van die universiteitsowerhede vir 'n oomblik in die geskiedenis duidelik was vir almal om te sien, insluitende dié wat nou hulle "oorwinning" vier. Dis 'n skande wat onthou sal word. 

Breyten Breytenbach

The post "'n Skande wat onthou sal word": Die diktaat van Open Stellenbosch appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>