Kom ons wees
My wang skuur saggies teen joune
soos ek vir jou fluister
“maak toe jou oë”
Kort asems skree in die stilte
soos die donker ons vlerke gee
en ons wegvlieg na my gunsteling plek
Gewoonlik bly ek net vir ’n oogknip daar,
dit is genoeg,
maar ek wil jou alles wys:
Hoe my woorde val,
soos die reën,
elke keer as ek voel
en hoe my emosies by berge afrol–
’n waterval
as jy by my is
Dan is daar velde
vol van die mooiste drome
naby die rivier van wense
wat verby my gunsteling boom vloei
waar ek ure kan lê en wees
terwyl lewe iewers gebeur
Kom wees saam met my
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Kom ons wees appeared first on LitNet.