My huis, my kruis
Binne die vier mure
Sit ’n kind en tel op haar vingers die ure
Glimlaggend, staar haar gebroke refleksie terug
Alleenheid was nie vir haar deel van die eensame klug
Vertroosting was gevind in die swart rosyntjie-oë
Die geroesemoes van stemme,
Het bo die getimmer van haar hart uitgestyg
Haar huis was haar kruis
Vasgekluister binne haar hart
Buite het die wêreld getart
Tuimelend oor die afgrond,
verlore tussen die lyne
Die wêreld sien ’n gesin se geluk
Die mure sien ’n kind leë blik
Trane wat die see kan vul
’n Mond, geslote, stil
Haar huis,
My huis,
Elke huis
Het ’n kruis
Huisie by die see
Bou vir my ’n huisie by die see
waar die golwe my voorstoep vee
terwyl die wind saggies sy vingers deur die klokkies gly
Sê my, sal jy saam met met my in my fantasieë-huisie bly
Ek wil teen die bamboesskulpe hang
Die see my lofgesang
Die Here weet van gister se leed
die Here kan my seëninge meet
Dus bou ek vir my ’n huisie by die see
Waar ek rus vind vir my siel
waar ek wegskram van die wêreld se verniel
’n Huis waar Die Vader vir my krag gee
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Madelein van Wyk se inskrywings appeared first on LitNet.