Wegloopkind
Namakwaland lê groen voor my
Hier waar ek nou as vreemdeling
Nog ’n maal eens die bekende intree
Koppies wat my omhels van ver
En wat my weer lief sal kry
Plek-plek ook beklee met vergete vygiepers
Die blou van die bloue hemel
So oop bo my en rein soos die dou
Wat die pragste môre vroeg sal seën
Hier waar ek weer met ’n warm hart op ’n koel middag tree vir tree
My hart vir die dorre dame gee
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Wegloopkind appeared first on LitNet.