Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21983

Huis, woning, tuiste: Elizma Harmse se inskrywing

$
0
0

Ek het al so baie huise gegroet,
want ons het nogal baie getrek.
Vyf jaar op ’n plek
en dan weer trek ...
Na ’n nuwe plek met ’n vreemde skool en ander kinders.

Tog leer ek nie my les nie:
Werk en trek en trek
trou en trek
skei en trek

En nou
nou woon ek al vyftien jaar in een huis
rekordgetal
en ek weet sonder enige twyfel
hierdie huis werk omdat dit
ons
huis is

Ek het steeds twee honde, twee voëlbaddens en ’n groentetuin.
Twee kinders, ’n huishulp, tuinhulp en die gewone,
maar dit werk vir my omdat ek nou met jou in vennootskap is
en ek jou so volkome en sonder fieterjasies kan vertrou.

En as ek weer hierdie huis – met al sy goed –
moet groet
sal dit soveel makliker wees,
want jy gaan nou altyd deel van my tuiste wees.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

The post Huis, woning, tuiste: Elizma Harmse se inskrywing appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21983


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>