Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Huis, woning, tuiste: Jaco Jacobs se inskrywings

$
0
0

die nuwe pilaar

tussen al die goeie oeste in en om ons lewe
tussen al die slegte druiwe wat hang aan die priële
lê diep die hunkering van die mens se lote na ’n oes,
’n oes vars gepars wat die verlede se frank smaak verwoes

pilare gehard, bedek met reuke van slegte mos
geplant in ons fondasie om ons lig te verdof
die krag van Simson, blind, maar gefokus tóg
bly ons staande om ons van die pilaar se mos te verlos

die soektog na begrip, wysheid en aanvaarding
die interaksie met die vlees en valse vermanings
die beloftes en hopelose uitkoms van beradings
bevestig die mens se ontginning na lewenservaring

maar die hoop van nuwe groei na woeste brande bestaan
ons sien weer die kleur van groen in sy eenvoud daar staan
ons koester die toekoms ásof dit reeds na ons staar
ons plant die nuwe pilaar wat in oorwinning sal staan

 

genadereën in Graaff-Reinet

ek dwaal in Graaff-Reinet langs ’n droë pad
starend na die berge wat aan die hemel vat
ek sien dorpers wat wei in ’n stowwe land
’n Noemnoemboom en ’n boer met ’n Bybel in sy ruwe hand
sy hande omhoog na die hemel se kant
sien ek sy dimpels so tevrede lag
en ek wéét hier kom reën vandag

oë gefokus op die berge en die wit wol wolke daarbo
Gerubs sweef dwangloos en sing die luidste akkoorde
die reën sak neer soos fyn goud op hierdie verleë aarde
uit die watertenk van ons Hemelse Vader
Sy engele besig om nog ’n bietjie water te skep
vir die mens en dier van Graaff-Reinet

 

Egipteland - ons nuwe land?

wyd oop loer die hart van die son
die see blaas sy asem koel alom
palms buig sonder dwang en sing Hosanna
geen duister, kommer of tong kan dit verander
sal sy ritme en gesang in Egipteland verander?

slawe word gedryf in hierdie somber gebou
gekul en sonder reëls word hulle afgeknou
die spel is wreed en waarheid versteek
Pilatus-hande gretig om slawe in die rug te steek
Faraos blink gekleed, gereed om slawe te onderdruk en te breek

uitgeteer, bleek gesweet in Egipteland se web
smag die slawe na ’n Moses om hulle uit te red
nóg meer take, nóg meer slae, nóg meer donker dae …
minder word die slawe, méér die take en méér die slae
God word aangeroep, luid in Sy Hemelsale!
Please, ndiyacela, asseblief …!

Die grys somber gebou word vernietig soos beloof
soos die Rooi See vir die slawe deur God oopgekloof
vry is die slaaf van Egipteland, vry van dit wat sy siel beroof!
God het gehoor en word geloof
nóóit weer sal Egipteland sy siel onthoof

 

ék is ek

ék is ek, ’n skildery met eenvoudige lyne
vasgevang in ’n raam sonder versteekte geheime
geen behae na Pierneef, Van Gogh of  Van Rijn
geen begeerte om in ’n gallery te verskyn
sommer so met stof bedek
sonder aandag om te trek
dis ek, want ék is ek

ek verafsku en haat die molle in my tuin
hul verwaandheid en verwoesting op my terrein
hul ondergrondse gekonkel, die soeke na vars gewasse natgelei
hul valse pretensies om in my omgewing besoek af te lê
ek staar my blind teen ’n mol se werk, kennelik gek
dis ek, want ék is ek

ek kwyl oor ’n klank met ’n rustige melodie
geen oorbodige note, net ’n prikkelende simfonie
geen stemme uit ritme, net ’n eenvoudige harmonie
ek is die dirigent wat in my eie belê
my eie note manipuleer
dis ek, want ék is ek

 

My embriokind

ek praat met jou my embriokind
ontluikende mensie aan die naelstring gebind
buite is orkane wat jou beroof en verslind
én dan is daar hael wat swaar op jou daal
wat alles verwoes wat jy deur die lewe behaal

moenie sommer net hande in ’n movie vat
bepeins die gevolge van die kans wat jy vat
ek wil hê jy moet soen en bicycle ry …
ek wil hê jy moet sirkels uit die lewe brei
soms is die lewe common verby
én soms is hy netjies vir jou voorberei

versteek die sleutel wat jou reinheid bewaar
grawe dit op wanneer jou rypheid wil baar
die lewe is ’n leer wat jy moet klim my kind
as jy huil moet jy klim
as jy sing moet jy klim
as jy verkluim moet jy klim
soos Racheltjie de Beer háár leer moes klim

hou net aan klim my embriokind
maak net seker jou leer is met die hemel verbind


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

The post Huis, woning, tuiste: Jaco Jacobs se inskrywings appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>