Meggan se plaasgedig
Al is ek ’n stadsapie-kind,
is die platteland die plek waar jy my hart sal vind.
Dus sal my pen en die stofpaaie my aan my notaboekie bind.
Ek sal skryf oor die mielielande en sonneblomme,
vroeg opstaan en koue briesie in die more,
reuk van vars beesmis en ’n dag herwonne.
Ek sal skryf oor die lang ure en harde werk,
Sondae waar jy jou berusting vind by die Sandsteenkerk.
Tye wanneer trane jou wange soos Vrystaatstofpaaie merk.
Ek sal skryf oor oomblikke waaroor jy jubel en juig,
soos wanneer die eerste reën jou op jou knieë laat buig,
of wanneer jou hart versag as kalfies aan hul ma's suig.
Ek sal skryf oor die geduld van die windpomp,
met sy sonsak-uitsug vanaf sy platform, afgestomp.
En dan hoe die son bloos, so pienk en geplomp.
Want al is ek ’n Standjapie-kind,
is die platteland die plek waar jy my hart sal vind.
Dus sal my pen en die stofpaaie my aan my notaboekie bind.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Meggan se plaasgedig appeared first on LitNet.