Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Vir Angus oor sy brief van 8 Maart 2017

$
0
0

Beste Angus

Ek het jou mos laas mooi vertel hoe linguistiek en grammatika van mekaar verskil.  Jou lesing is interessant maar negeer niks van wat ek jou vertel het oor grammatika en linguistiek nie.  Terloops, om Chomsky die vader van die linguistiek te noem is bietjie van ’n wilde stelling; daar is al eeue voor Chomsky se tyd studies gedoen en bydraes gemaak.  Om Chomsky die vader van die moderne grammatika te noem is gewoon verkeerd – watter taal se grammatika?

Jy sê net uiters knap onderwysers kan die doseer van die direkte metode toepas.  Hoekom is dit dan so wonderlik want om die grammatika aan te leer het jy nie eers ’n onderwyser nodig nie; jy kan ’n boek koop (dink aan die gewilde ‘Teach Yourself’-reeks).

Jy verwar steeds grammatika met grammatikaterme.  Die Engelse kindjie wat sê ‘I am’ in plaas van ‘I is’ of ‘I are’ sê dit omdat hy die korrekte grammatika gebruik.  Ek het jou dan duidelik in my vorige brief vertel hy hoef nie die grammatikaterme te ken nie, byvoorbeeld hy weet nie dat hy nou die eerstepersoonsuitgang van die werkwoord ‘to be’ gebruik nie.  Net soos hy al oor grootspierkoördinasie beskik sonder dat hy die name van die spiere ken, of soos baie mense motor kan bestuur sonder dat hulle die vaagste benul het van die funksie van, sê, die vergasser. Ek sê weer vir jou, as jy nie die grammatika van ’n taal ken nie, selfs al het jy kennis van die volledige woordeskat van daardie taal, kan jy nie daardie taal praat nie.

So die outjie hoef nie, soos jy beweer dat ek beweer, al die naamvalle en uitgange se terme te ken voor hy reg kan praat nie.  Jy weet, en ek weet, dat hy dit NIE ken nie en tog praat hy grammatikaal korrek omdat hy die grammatika ken.  Dit is wat ek oor en oor vir jou sê – die outjie praat reg en soos jy weet ken hy nie die grammatikaterme nie WANT HY HOEF DIT NIE TE KEN om grammatikaal korrek te praat nie.

Met geradbraakte Afrikaans bedoel ek Afrikaans wat swak gepraat word, soos in die sepies byvoorbeeld.  Afrikaanse woordeskat word in daardie geval nie verryk deur Engelse woorde nie inteendeel, hy word verarm.  Hoe kan Afrikaans nou verryk word as jy ‘toekoms’ weggooi en vervang met ‘future’, of ‘noem’ vervang met ‘mention’?

Jy sukkel steeds om leenwoorde en Engelse woorde wat lukraak ingegooi word te onderskei.  ’n Leenwoord in enige taal is ’n woord uit ’n ander taal om ’n begrip aan te dui waarvoor daar nie ’n gepaste woord in die oorspronklike taal bestaan het nie.  ‘Noem’ en ‘toekoms’ bestaan in Afrikaans en om daardie twee woorde te vervang met ‘mention’ en ‘future’ dui op óf swak kennis van Afrikaans óf slordige spraak óf  sommer net moedswilligheid.

Ek het, nadat jy gesê het dat ‘jy’t gemention dat ons nie ’n future saam het nie’ tóg maar Afrikaans is vir jou gewys dit is net so swak en aaklig soos ‘you noemed that we don’t have a toekoms together’.  Jou reaksie hierop is toe dat niemand so sal praat nie.  Natuurlik nie want dis donners lelik en slordig; die Engelse, om een of ander rede, verkrag nie hulle taal soos Afrikaanssprekendes Afrikaans verkrag nie.

Angus, jy skop nou al so hard teen die prikkels van jou eie beterwete dat die perd wat jy opgesaal het jou nou al so in ’n hoekie toegeverf het.  Jy wat Angus is sê vir my  jy “ . . . hou self nie van Engelse woorde wat in Afrikaans gebruik word nie,” maar in dieselfde asem sê jy die meng met Engels “. . .  maak actually Afrikaans meer streamlined.”  Nou hoe nou?

Ook sê jy “. . . haal Engels uit Afrikaans en dan sal net ʼn geradbraakte taal oorbly, en dan sal jy verstaan wat geradbraak beteken.”  Is jy ernstig?  Weet jy so min van Afrikaans dat jy nou werklik dink as mens die Engels uit Afrikaans haal (watter Engels in elk geval?) net geradbraakte taal oor gaan bly?  Ek weet nie mooi wat die laagste is nie; jou taaltrots of jou kennis maar dit maak nie eintlik saak nie want wat handhaaf betref is die een so erg soos die ander.

Jy’s reg waar jy beweer ek sou so twee eeue ’n herrie opgeskop het oor Nederlands wat agteruitgaan, net soos daar vandag steeds Nederlanders en Engelse en Duitsers en Franse is wat ’n herrie opskop wanneer hulle agterkom hul tale word afgeskeep.  Jou bedoelde implikasie, naamlik dat Afrikaans vervalle Nederlands is, is nie akkuraat nie; Afrikaans het in die 17de eeu van Nederlands, as’t ware, gesplyt en Nederlands het sy rigting gegaan en Afrikaans syne.  Trouens, daar is blykbaar Nederlandse dialekte vandag wat verder van Nederlands verwyder is as Afrikaans.

As jy enige taal se geskiedenis nagaan vermoed ek hierdie splyting het oral gebeur; enige taal het iewers ‘n brontaal.  Hierdie splyting is egter ver verwyderd van blote swak en/of gemengde taalgebruik.  So, ek moet jou teleurstel; jy is nie besig om die wonder van die geboorte van ’n nuwe taal gade te slaan nie – die Afrikaans op die sepies is bloot swak en verskraalde Afrikaans.

Groetnis

Jan Rap

 

The post Vir Angus oor sy brief van 8 Maart 2017 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>