Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

PEN Afrikaans: Die tweede fase van die Trippel-7-projek

$
0
0

Een van die 2016-hoogtepunte vir PEN Afrikaans was die Trippel-7-loodsprojek na die Noord-Kaap onder leiding van Bettina Wyngaard. (Lees hier meer daaroor.)

PEN Afrikaans het helaas uiteindelik nie genoeg materiaal ontvang om die bloemlesing wat verlede jaar in die vooruitsig gestel is, te publiseer nie. Daar was egter soveel opgewondenheid oor die Noord-Kaapse verteltalent wat die Trippel-7-skryfskoolaanbieders verlede jaar ervaar het, dat daar besluit is om vanjaar ’n opvolgskryfskool aan te bied onder leiding van Anzil Kulsen, ’n bestuurslid van PEN Afrikaans wat intussen die projekbestuur van Trippel-7 oorgeneem het.

Te midde van groot uitdagings het die tweede fase van die Trippel-7-projek met groot sukses die naweek van 17 Februarie in Upington afgeskop. Tussen die potensiële deelnemers was daar drie wat geliefdes aan die dood afgestaan het, een tannie wat regtig baie siek is en die werkswinkels met haar suurstoftenk kom bywoon het, en ook Esther Engelbrecht wat binnekort aan haar baba geboorte moes skenk, maar al die pad van Nababeep af kom ry het vir dié geleentheid.

Sewentien deelnemers het die lesings bygewoon, wat ook intense praktiese oefeninge ingesluit het. Anzil Kulsen, ’n gewilde jeugboekskrywer, en die bekroonde digter Diana Ferrus het deelnemers in een-tot-een-sesssies met die skryfwerk (prosa en poësie) wat hulle ingestuur het, gehelp. Elke deelnemer het dus eerstehands terugvoer gekry oor maniere om hul pennevrugte te verbeter. Haidee Muller van RSG het heerlike klankopnames van 'n paar deelnemers se grootwordjare en hul liefde vir die skryfkuns gemaak, wat waardevolle konteks verskaf aan die skrywers se gedigte en verhale.

Drie van hierdie Trippel-7-deelnemers word nou genooi om op PEN Afrikaans se onkoste die ATKV Skryfskool by die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom te gaan bywoon. Die winterskool vind vanjaar vanaf 5 tot 9 Junie 2017 plaas.

Hoe moeilik was dit nie om hierdie drie kandidate te kies nie. Op die ou end het ons besluit om verby mense se uitdagings te kyk en te fokus op hul talent en vermoë om kreatief te skryf.

Die keuse het geval op:

  1. Esther Engelbrecht
  2. Walter Moses
  3. Tina Brekfis

Bernard Odendaal, wat ook 'n bestuurslid van PEN Afrikaans is, het intussen bevestig dat die Skryfskool 'n vierde persoon kan borg. Ons is baie opgewonde hieroor. Die vierde persoon wat ons nou kan saamstuur, is Shirene Julies.

Baie dankie aan almal wat moeite gedoen het om saam te Trippel-7.

Hier is foto’s van ons naweek in Upington:

Anzil gee raad vir oom Petie.

Shirene Julies in aksie.

Moryn Hanzen aan die woord.

Diana Ferrus en John Boyes van Kharkams

Cornelia Prins dra voor.

Haidee Muller oor joernalistiek as loopbaan.

Ashdene Meiring in aksie.

Esther Engelbrecht lees haar verhaal voor.

Diana Ferrus aan die woord.

Haidee en oom Petie gesels oor sy bundel wat na 777 die lig gesien het.

Miriam Beukes van Curriescamp is vrolik oor haar skryfwerk.

Cerina Diergaardt vertel hoekom sy skryf.

Een tot een sessie met John Olivier.

Die skryfskool het praktiese oefeninge ingesluit.

The post PEN Afrikaans: Die tweede fase van die Trippel-7-projek appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>