My huis, die wêreld
Deur die voorhekkie van die heelal,
loop ek deur my agterplaas …
My agterplaas, die wêreld.
Moeder Aarde verwelkom my
met ’n kus van sonlig:
“Hallo, Mammie, ek is terug.”
Hergebore as ’n kind van Afrika.
Die Vader omhels my met die
sagte streel van wind.
Alle eer aan Hom, want ek is
Sy kind.
My huis, die wêreld, word uitmekaar
geskeur.
Soos ’n vel papier in ons swembad,
ons swembad, die see.
Moeder en Vader pleit by my,
om wanneer ek groot is ons huis,
die wêreld,
reg te kry.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: My huis, die wêreld appeared first on LitNet.