Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

So word rassiste rassiste. Of dalk nie?

$
0
0

Staan vandag by my Somaliese vriend se winkel en ons gesels oor alles waaroor die huidige spul kamma Suid-Afrikaners nie praat nie en ek vra hom waarom hy nie Afrikaanse koerante verkoop nie en hy beduie my 'n baie lelike antwoord en ek verstaan soort van waarom 'n sekere deel van ons huidige wit generasie steeds gehaat word.

Staan en dink aan hoe anders dinge net kon gewees het in hierdie land. Ons, dis nou ek my my vriende vanuit die lande ten noorde van ons, sit daagliks en wonder oor veral die wittes wat so aktief die huidige rassistiese hel waarin ons onsself bevind goedgepraat het en nou steeds stil sit met hul pakkette en buitelandse geld.

Ons staan so en praat toe die chaos losbars. Die strate kom tot stilstand tot die punt waar selfs die taxi's stil is. My vriend vanaf Somalië beduie na die geskree:

'n Swart meisie van so om en by nege jaar oud is besig om 'n swart seun van omtrent dieselle ouderdom goed op sy moer te gee. Ek vra vir my Somaliese vriend of hy ook dink wat ek dink en hy knik en toe bars die bom en die ouers hardloop en probeer red en dis mos net wat die jonge dame wou hoor en toe slaan sy die arme jonge man grond toe. Ouers stampend aan mekaar en uitmekaar en jonge man wat klip optel en slinger en toe sien ek waarom ons sit waar ons sit ... te veel klippe in hierdie land.

Punt?

Punt is, as hierdie voorval plaasgevind het tussen twee "anderse" kinders sou die spul narre en dermuitrygers en patete en liederlike polities korrekte sotte koerante verkoop het. Kwasi Stellenbosse "filosowe" sou mediadekking gekry het en die land sou meer bottelstukke en buitebande as normaal buite skrootwerwe beleef het.

My Somaliese vriend vra of ek iets oor my gebakte vis wil hê en ons sit en hy beduie dis goed dat ons kan saamsit en eet. Al is dit tussen die mense wat sy winkel al 'n paar keer die laaste drie jaar afgebrand het. Net omdat hy nie Xhosa magtig is nie.

oester

The post So word rassiste rassiste. Of dalk nie? appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>