Jou hart se troon
Almal soek ’n huisie by die see
Maar vir my is my tuiste waar ek kan glimlag
My hart het geklop toe ek jou sien
Jou glimlag het vir my gefluister
Vuurwarm het ek geword toe jy aan my raak
Gedroom van my “groot dag”
Tot jy gevra het, so onverwags
Jy het gevra of ek by jou wil kom woon
Want alleen-wees is nie ’n tuiste vir jou droom
Kon ek maar die tyd laat stop
Want ek dink aan jou elke dag
En kon nie meer langer wag
Vir dit waaroor ek droom
Die huisie by die see
Nee, die tuiste waar ek weer kon glimlag
Ek wil by jou wees
Dag en nag
Want my tuiste, my man
Is daar diep binne jou hart se troon
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Jou hart se troon appeared first on LitNet.