Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21138

Radiodrama-kompetisie vier sy mondigwording met meer prysgeld

$
0
0

Die RSG en Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie vier vanjaar sy mondigwording met altesame R30 000 in bykomende prysgeld. Die wendrama sal vanjaar R35 000 ontvang, terwyl die tweede en derde plek met prysgeld van onderskeidelik R25 000 en R15 000 bekroon sal word. En die Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) sal ook R15 000 ontvang.

Die totale prysgeld was verlede jaar R60 000, maar is nou tot R90 000 verhoog om die top Afrikaanse dramatekste vir radio te bekroon. Buiten die prysgeld word die wendramas ook op RSG uitgesaai.

Die sluitingsdatum vir die 2017-kompetisie is Vrydag 30 Junie.

Daar is geen voorgeskrewe tema nie, solank dit net ’n nuwe en oorspronklike radiodrama is. Geen verwerkings van bestaande materiaal of verhoogdramas of stories wat al voorheen gepubliseer is, sal aanvaar word nie.

Die volle spektrum van Afrikaans kan gebruik word, maar die inskrywings word beperk tot slegs een radiodrama per persoon.

Die duur van die dramas moet tussen 40 en 55 minute wees – sowat 45 A4-bladsye wat volgens die wedstrydreëls getik is.

’n Volledige handleiding wat ook die reëls en inskryfvorm bevat, is gratis op RSG se webblad beskikbaar. Daar is ook ’n spesiale blad met skryfwenke vir nuweling-skrywers, asook diegene wat graag hul skryftalent wil skaaf.

In die eerste ronde van beoordeling word tussen tien en vyftien tekste gekies wat dan met die hulp van ’n mentor vir die eindronde geslyp word. Die finaliste kan dan hul tekste vir die eindronde van beoordeling voorlê.

RSG en Sanlam het voorts besluit om in oorleg met die eerste ronde se beoordelaars ’n bykomende mentorskap-geleentheid te skep vir skrywers wat ’n potensiaal vir radiodrama toon. Dié skrywers sal nie finaliste wees nie, maar sal die kans kry om hul radiodrama-skryfvermoëns te ontwikkel.

Daar sal weer gratis radiodrama-skryfskole in samewerking met Sanlam in Kaapstad én Johannesburg aangebied word en meer besonderhede sal op RSG (100 tot 104 FM) aangekondig word.

Volgens Kobus Burger, RSG se uitvoerende regisseur: drama, is dit vir RSG ’n eer om saam met Sanlam vir meer as twee dekades in ’n nuwe geslag dramaturge en skrywers te kan belê.

“Dit is merkbaar hoe die kompetisie en slypskole ’n verskeidenheid stemme na die radio lok. Die deelnemers raak al hoe dapperder, waag kanse en verken verskeie genres. Al is die medium vir sommige mense ’n uitdaging, bied die handleiding, slypskole en skryfwenke wat ons deel, genoeg bystand vir enigeen om die radiodrama-wêreld te verken,” sê Burger.

Verlede jaar se wen-dramas word vanaf April op Donderdae om 20:00 in Radioteater op RSG uitgesaai. Die eerste Radioteater-seisoen van 2017 op Donderdag 6 April met Gerda Kriel (bekroonde Jong Skrywer) se Kopskoot.

Besoek RSG se webblad by www.rsg.co.za om op hoogte te bly of om die kompetisie se handleiding af te laai.  Kyk onder die hofie “Wat gebeur” en lees ook ’n reeks skryfwenke vir voornemende radiodrama-skrywers.

www.rsg.co.za

Twitter @zarsg

The post Radiodrama-kompetisie vier sy mondigwording met meer prysgeld appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21138

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>