My en jou bêreplek
Daar waar die stofpad begin en die teerpad eindig
Daar waar ek my hart vir jou kan uitdig
Daar waar ons vroegdag luister hoe die Hemel se reën
op ons ou plaashuis se sinkdak neerplons en ons seën
Daar het ek my hart jare gelede reeds verloor
op ’n donkiekar saam met jou, af in die tweespoorpad
Die gekreun en gekraak van ons ou windpomp lei die Aarde nat
Kan jy, soos die gekreun en gekraak, ook my hartklop hoor?
Ons stukkie platteland, kliprant
My en jou bêreplek, aflaaiplek, rusplek
Dankbaar vat ek vanaand weer jou hand
en kyk hoe die maan oor ons liefdeshuisie se dak strek
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: My en jou bêreplek appeared first on LitNet.