Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Huis, woning, tuiste: Ockert J du Preez se inskrywings

$
0
0

Wit hortjiesheining

My huis is in jou hart.
Netjies
omhein met hortjies,
veilig
met mooi gordyntjies.

Jou hart is my tuiste.
Snoesig
elke kamer helder belig,
genoeg
prentjie-mooi ingerig.

Jy is my huis.
Oop
jou kospotte loop oor
belustigheid
soos kosbare ivoor.

Jy is my tuiste.
Verslawend
my skuiling van die wind,
vrede
wonde uiteindelik toegebind.

 

Bokshuisie

Here weet dit gaan beter gaan.

Burger King sluit amper, hardloop vining!
Al wat ek van die plek
haat is dat daar nie ’n boom in sig
is nie! Maar dis my plek. Dis mý plek!

Ek vou die enorme pampers-boks,
gryp my stink olie-kol-mat
en nog ’n kleiner boks
voordat die ander dronkies dit óók vat.

Here weet dit gaan beter gaan.

Hopelik reën dit nie weer vanaand.
Burger King het geen boom naby.
Hopelik is dit nie koud vanaand.
More sál ek meer geld kry …

Here weet dit gaan beter gaan.

Agter Burger King se muur
kan ek darem piepie,
om te bad of poef is duur,
ek doen dit by sekuriteitswag – Giepie.

Ek bedel al jare hier by die robot.
Ek het nie ’n vrou of kind,
maar my lus vir drank laat my vrot.
Dankie vir jou munt!

Here weet dit gaan beter gaan.

My bokshuisie is al wat ek het.
Dis my oorbegin!
Dis méér as wat Sakkie het!
Dis my oorbegin.

Here weet dit gaan beter gaan …


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

The post Huis, woning, tuiste: Ockert J du Preez se inskrywings appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>