Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21138

Huis, woning, tuiste: Aletta Beukes se inskrywings

$
0
0

My huis, my hart

Waar in die wye wêreld is ek tuis
waar o waar is my aardse huis?
Een mens saamgesnoer uit vele lande
Waar hoort ek? gemengde bloedbande.

In plekke ver van hier, is ek welkom?
Waarom is almal nou so vroom en stom
Wat is tog die waarheid, sjuut! dis ’n geheim
dis ’n groot skande daarom die versuim.

Waarom al die nuuskierigheid en vrae?
Jy gee ons hoofbrekens op ons oue dae.
Vertel my alles ek wil alles nou-nou weet
het jul gedink en gewens ek sal tog vergeet?

Ek is moeg van agter die hand fluister
dis hard genoeg dat ek kan luister.
Ag foei tog, sy ken nie eens haar eie pa
wrede harde woorde, die pyn seer en slae.

Is daar ’n veilige plek waar ek kan skuil
waar ek uit my hart kan gil, skree en huil?
Alleen eensaam verwerp en verstote
gaan ek na my geliefde plek, die diep slote.

Lewensmoeg en uitgeput raak ek aan die slaap
in my leed het ek onwetend baie ver gestap.
Naggeluide, skemer, ek is bang vir die donker!
Ek hoor hulle roep, skielik ligte wat flonker.

Honger, moeg en bang, hul roep al harder my naam
hiér is ek, roep ek verlig, vol blydskap en ook skaam.
Dis my geliefde mense, veilige hawe, my enigste huis
my woning, my paleis, daar waar my hart ook is, veilig tuis.

 

Huis

Elkeen het ’n droomhuis in gedagte
waar hy kan skuil in yskoue nagte
Paleise, plat dak gewel dak teël dak
dubbel verdieping, glashuise, huise van sak.

Huise van karton, huise van riet of sink
Alle soorte huise wat jy jou kan indink.
’n Huis is ’n skuiling teen hitte reën en wind
waar jy ’n rusplekkie vir jou hoof kan vind.

 

My land Namibië

Jy met jou wyd oop vlaktes
laat my wegsweef in diep gedagtes.
Jou sonsopkoms met sy rooie gloed
uitgestrek, die woestyn rooi soos bloed
die duine uniek, warm en ongenaakbaar
kan na die grootsheid met ongeloof net staar.

Die see majestueus, oneindig enorm en blou
skemering, sagte ligte dof en grou.
Berge ontsaglik met diep verborge geheime
voëls van alle soorte, met kleurvolle pluime.
Riviere wat soms sag en rustig vloei
iewers in die verte die geloei van ’n koei.

Die Welwitchia, Visrivier-canyon slegs in my land
watervalle, olifante, diere geluide in die aand.
Hier woon die eerste en oudste mense die San
vreesloos het hulle, sorgvry hul weg gebaan
deur swaarkry en ontberings het hul gely
dit kon hul nie onderkry, hul gees is nog vry en bly.

Goeie reën, bring vele plante groen
so baie wonders in elke nuwe seisoen.
Mense vrolik, vriendelik en gasvry
maak dat ek net in die land wil bly.
Hier wil ek woon en werk totdat ek sterf
niks sal die vreugde en vrede vir my bederf.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

The post Huis, woning, tuiste: Aletta Beukes se inskrywings appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21138

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>