Met ’n skewe lag, ’n koel minag
’n Stadige draf – gaan ek huis toe
Na waar die jakkals blaf
Die sterre skeef lê in die nanag
Die uile huil en weeklaag –
My wangbene nat van huil
My mond droog van asem blaas
Kyk ek in die verte in – soek my huis
In die donker verlore nag ... huis, my huis waar sal jy wees?
’n Storm slaan sy blitse neer!
’n Hart wat net ’n huis beheer ... wankel, strompel voort –
Minag vir die verbloemde leed –
’n armmanskind wat net van ruimte weet, geen huis – geen hawe – net die angssweet!
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Trudy Mc Namara se inskrywing appeared first on LitNet.