Bliktelefoon
Ons bliktelefoon se tou is styf gespan
Oor kontrei en kontinente
Reis jou woorde suid op die vere van voëls
Sprei jou beloftes soos ’n vaal karos
Wat my beskut teen koue noordewinde.
Ek is tuis gekluisterd aan my koppigheid
En tog tol en tjank ek as die tou slap lê
’n ketter wat aan my ketting kou
My tande stomp en my hok leeg,
My asem te kort vir die pad na jou.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Bliktelefoon appeared first on LitNet.