Wat is ’n huis sonder geloof?
Soggens, word ons herinner aan ons skepper,
Met sonsopkoms se geluid van ’n wekker,
Vol geloof om die dag aan te durf,
Hoor ek die voëls daarbuite sing,
En sak op my knieë om ’n lied aan my Heer te bring,
Nog ’n dag om dankbaar te wees,
En hoog te strewe in sy gees.
Die getoet van skoolbussies en karre buite,
Laat jou skielik dink, oor die dag se besluite,
Soms verwoes,
Soms verwaaid,
Gaan ons deur die dag onverdraaid,
Met ’n pa se geloof wat dag na dag vir sy huis intree,
Word ons herinner bly ewig en altyd by die Heer,
Saans, is dit weer ’n warm plek,
Met kos op die tafel so smaaklik gedek,
Sê ons, die hemelse vader se seëngebed,
Dis net geloof wat ons deur die dag kon red.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Wat is ’n huis sonder geloof? appeared first on LitNet.