Ek lees in Die Burger van 7 November op die voorblad die sóveelste berig oor die NG Kerk en die gay-kwessie, en daar staan dit, swart-op-wit: Die NG Gemeente George-Bergsig het die volgende eie “beleid” geformuleer aangaande dié saak: “As homoseksuele mense nie heteroseksueel kan word nie, dan moet hulle soos enkellopende heteroseksuele persone selibaat bly.”
Nou wonder ek: Op watter planeet bly dié mense? So, volgens hulle, mag alle ongetroude heteroseksuele (en homoseksuele) mense nooit seks hê nie? En homoseksuele mense moet by implikasie probeer om heteroseksueel te “word”. Dink die gemeente hul gaan enige relevansie hê oor 10 jaar? Elke Sondag sit elke NG Kerk vol van ongetroude (enkellopende) heteroseksuele mense wat die vorige Saterdagaand lekker seks gehad het. En die kerk weet dit nie! Hou op lieg.
Dirk Rigter
The post Seks en die NG Kerk appeared first on LitNet.