Witbooi
Witbooi, plek van my eerste lewenslig
eens my wêreld, my speelplek, my bestaan.
By wilgerboom en blink waterstroom
kon ek al my kinderdrome droom.
Witbooi, plek waar ribbok en kraanvoël
’n tuiste vind in kliprant en grasvlak.
Waar vars en skoon die moredou
elke blaartjie in die oggendson omvou.
Witbooi, plek waar tyd stil gaan staan
onaangeraak deur jare se kom en gaan.
Waar wolk en sterre die hemel versier
asof spesiaal vir God se plesier.
Witbooi, plek van my eerste lewenslig
eens my wêreld, my speelplek, my bestaan.
Maar nóú, die plek waar ek vrede vind
en weer kan droom soos ’n kind.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Witbooi appeared first on LitNet.