Myne, joune, ons s’n
’n Huisie by die see
’n huisie vir twee
’n huis, ’n nes
dalk ’n plekkie vir ses.
’n Huisie van glas,
’n Huisie van hout,
een van stene en vol goud,
dalk een vir jonk en een vir oud.
’n Houtdeur, ’n glasdeur
’n Welkommatjie vóór jou deur
shalom en welkom,
bly jy het ingekom.
Met liefde gedeel,
’n Gebak en gebrou
met suiker en meel.
Met liefde net vir jou.
Waar jou hart is
sal jou huis wees.
Daar waar liefde én hartseer is
sal jou menswees wees.
’n Huisie vir my.
’n Huisie vir bly.
’n Huisie by die see,
’n huisie vir twee.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Myne, joune, ons s'n appeared first on LitNet.