Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Huis, woning, tuiste: Jannine Bester se inskrywings

$
0
0

My huis

My huis is waar my hart is sê die mense mos
Is dit waar of lei hul jou om die bos?
Ek haal my hart uit en bekyk dit goed
Ek vra hom! - het jy die antwoorde wat ek soek?

Hy staar my verbaas net aan
Hy vra my! – mens kry jy nie skaam?
Hoe is dit dat jy jou woning, jou huis dan soek?
Is hierdie plek dit wat jou liggaam of jou siel moet voed?

Die rooi van my hart lê oor my wang se gloed
Ek ken die antwoord – het ek die moed?
Ja my huis is waar my hart is
Maar meer belangrik nog
In wie is die tuiste van my hart?

 

Waar my menswees woon

Die huis waar my drome, my denke, my woorde woon
Soms wonder ek  – moet ek aanhou droom?
Die mure is stof dan skielik skoon
Als gebeur in die huis waar my menswees woon

Daar was ’n tyd toe ek vreesloos was
My woorde sommer baie, geliefd, gelag
My drome is verbrand – stof is nou as
Sou ek wou oor begin as ek mag?
In die huis waar my menswees woon

Tyd het aangestap, dit weet ek nou -
Elke menswees is geknou
Wie sal ek glo, wie sal ek vertrou?
Net ek alleen kan my menswees bepaal
Verslaan of sukses behaal
In die huis waar my menswees woon
Droom mag ek droom!

 

Huis van glas

Jy daar in jou huis van glas
Maak toe jou geraamtes in die kas
Die waarheid staan agter jou deur
Al weet niemand anders wat daar binne gebeur

Poets jou vensters flink elke dag
Al word die liefde daar binne verkrag
Niemand mag die waarheid weet
Agter glas vloei bloed en sweet

Hoe belaglik is dit tog
Sluk die waarheid af met ’n bietjie vog
Ek het gedink dat dit anders sou wees
Nou leef ons liefde as vrees

In ’n oogwink kan alles tog anders wees
Ware liefde oorwin dié ding vrees
Gooi stukkend jou vieslike ruite van glas
’n Huisie in eenvoud soos dit eenmaal was

Ek soek net vir jou om my te bemin
In eenvoud ’n huisie, ’n gesin
Ek haat hierdie huis van glas
My siel roep uit na hoe dit was

 

Tolbos sonder tuiste

’n Tolbos waai oor my rietdakhuis
Ek wonder of voel hy ooit iewers tuis
Soms wil ek sommer ook so in die wind rondwaai
Vandag is ek hier en môre is dit koebaai

Die wind ruk hier en daar, die wind verniel
Stukke breek af, gate ruk in jou siel
Ek beraam toe ’n plan en hol agter die tolbos aan
Vat my saam waar jy ook al heen mag gaan
Ek voel nêrens meer tuis
Dalk sal ek behoort, waar is jou huis?

Ek dink ek wil ’n tolbos wees
Hy het geen huis, hy het geen vrees
Hy rol maar net aan en aan
Tot hy eendag, eensklaps net vergaan
Nêrens was sy huis
Nêrens was hy tuis
Niemand sal hom eens mis
Maar die tolbos kan nou in vrede rus

 

Ek gaan huis toe

Ek gaan huis toe, is ’n stelling wat uiteenlopend is
Vir iemand is dit totsiens – ons gaan jou altyd mis
Vir ’n ander beteken dit die plek waar hy woon
Al dra iemand anders sy kroon
Vir nog een is dit ’n plek van rus
Dit is ’n plek van vrede, ’n plek wat hy mis

Ja ek gaan huis toe is nie sommer net ’n plek
Iewers is dit lekker, iewers maak dit jou gek
Huis toe is ’n plek wat ons almal moet besoek
Dit bring vreugde, trane en vir sommige niks goed

Die woordjie staan nie sommer net alleen
Dit dra ’n groot vrag vir elkeen
Ja ek gaan huis toe, is ’n stelling wat uiteenlopend is
Vir hom, ’n laaste klim op die bus
Vir haar, ek wil nie gaan daar is geen rus
En tog ’n ander sê, welkom ek het jou so gemis

Ek gaan huis toe, is ’n stelling uiteenlopend beslis
Die betekenis vir elkeen iets anders gewis


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

The post Huis, woning, tuiste: Jannine Bester se inskrywings appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>