Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Huis, woning, tuiste: Dulce domi in meae corium

$
0
0

Dulce domi in meae corium

In die holte van my huid-
stoel lê
‘n kaia-kat wat
snor en spin
aan sinonieme vir
alles in die albums
en aankomssale,
anekdotes op die kaggelrak.
Ek sweer
sy stert swiep
stof tot
deur die slot
by die deur
in die gang
waar die
vleie, rivierbrug, klowe, lamplig
en die reuk van plaasmelk
hang.
Ek voel
hoe strek hy
ligreep-langs
na die kosyne
waar die woorde hou,
die mooiste wysies
stoffel.
Ek volg
sy poot wat
katvoet knie
al met
die cabernetvlek,
komberskreukels langs
by die versreëls
uit na
die muisdrome
in my skedeldak.


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

The post Huis, woning, tuiste: Dulce domi in meae corium appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!