Die koudste hande
Ek is bly, want jy is
ewig en hier benede ons
Die wintersonnetjie brand flou
wolke effens grou
Met al my moed ... waag ek
om jou te nader
Jou vingers ... o, so koud
waarmee jy my bene vasklou
Sagte sand loop soos miere
oor my voete en tussen my tone
Met brandergelag, lag jy ...
Uitbundig, soos ’n kind!
Duisternis
Dis is ’n bietjie donker
nou hier!
My hart voel o,
’n bietjie flou
Trane, vir somber gedagtes ...
Die aandlug
so koel ... so vars
Herinner my nou
aan verlore woorde
Duisternis, jy kruip ....
Tyd sal genees,
as een verlang na gister
Alhoewel woorde diep sny
deur die siel en vlees ...
Duisternis, jy maak dit bitter swaar!
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Stephnè van Wyk se inskrywings appeared first on LitNet.