Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Huis, woning, tuiste: Urte van der Watt se inskrywings

$
0
0

My huis

daar lê verborge geheime
agter koue, donker mure
van gister se verlore ure
wrede woorde uit hul siel gebore
vergete dade se diep spore
agter ’n toe kamerdeur
’n seer hart se sout trane
gebou van verslete ou snare
was liefde se dade en woorde
dan nie vir my hart beskore

vandag leef ek nuwe drome
vergete is gister se dowwe spore
in my hart se kamers
dans nuwe drade van goue snare
geloof en hoop bou nuwe mure
God se warm liefde en genade
was ook vir my hart beskore

 

Louis Bothastraat nommer drie

Pappa, ons was net vyf jaar oud
Maar ek onthou ons huis
In Louis Bothastraat nommer drie
In ons agterplaas was daar
’n moerbei-, aarbei- en vyeboom
En dit was die lekkerste vir my
Ons het baie kattekwaad gedoen
En soms net te veel baklei
Pappa, jy was ’n bobaas kok
Pappa se disse inspireer my nog steeds
In Louis Bothastraat nommer drie
Het ons gelukkig en alleen
Saam met Pappa gewoon
Mamma het weggetrek
Om saam met haar nuwe man
In hul eie huis te gaan woon
gou moes ons leer om sonder haar te leef

Martha het baie mooi na ons gekyk
Ons huis was altyd skoon
En al het ons nie baie geld gehad nie
Het pappa ons altyd bederf
Almal het die stil man jammer gekry
Wat alleen sy tweeling dogters
Moes grootmaak
’n Pappa wat ook foute maak

Louis Bothastraat nommer drie
Sal ons nimmer ooit vergeet
Ons kon Pappa se verlange sien
Daai spesiale plek wat net ’n maat kon vul
Pappa moes ’n medalje kry
vir al Pappa se liefde en onselfsugtigheid

Louis Botha straat nommer drie
Is nou iemand anders se huis
Ons sal nooit weer daar woon
Ek wens ons was ouer gewees
Om ook daar vir Pappa te wees
Miskien sou Pappa dan nie
Pappa se eie lewe neem
In Louis Bothastraat nommer drie
Het ons miskien gebly
Maar Pappa, jy was ons huis

 

Nessies

Elke oggend as ons
Vir mekaar baai sê
En ek die voordeur
Agter julle toemaak
Word ons huis in stilte gevou
Dis ’n stilte waarvan ek hou
Maar tog nie vir lank
Want songeel vinkies
Kwetter en sing vrolik
Terwyl hulle nessies bou

Dis met verwondering
Wat ek na hulle staar
Want sonder om te kla
Met stokkies, blare en gras
Word hulle nessies gebou

Met sement, stene en sand
Word ons huise gebou
Wat teen wind en reën moet trotseer
En soms spog en pronk ons te veel
Terwyl songeel vinkies
Met stokkies, blare en gras
Hulle nessies bou
Nooit weer sal ek kla
My ou bruin steenhuis
Lyk sommer weer mooi en blink


 

Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.

huis1_650

The post Huis, woning, tuiste: Urte van der Watt se inskrywings appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>