Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Vir Jan Rap: 'n Taal is soos 'n koei

$
0
0

Beste Jan,

Ek aanvaar jou verskoning dat jy verkeerd gelees het wat die grammatika betref, en ek aanvaar jou verskoning oor die opmerking dat ek dink dat die vermenging van Afrikaans en Engels Kaaps is, omdat jy verkeerd is met jou bewering.

Waarom jy nie die verband kan insien tussen die verlede en die situasie waarin Afrikaans hom nou bevind, kan ek nie verstaan nie. Jy wou by my weet waar kom die Engels vandaan wat in Afrikaans te vinde is, en ek het aan jou verduidelik dat Afrikaans ʼn stryd voer sedert Lord Charles Somerset se taalwette van 1825. Ek glo nie jy het jou eers verwerdig om te lees hoe ek vir jou van sy verengelsingsbeleid vertel het nie, anders sou jy geweet het waar die Engels in Afrikaans vandaan kom. Ek het jou ook vertel van die tweede aanslag op Afrikaans na die Suid-Afrikaanse oorlog van 1899-1902 (ook bekend as die Engelse oorlog of die Anglo-Boereoorlog). Ek het jou vertel dat, ten spyte van hierdie aanslae, het Afrikaans een van die offisiële tale van Suid-Afrika geword in 1925. Ek het jou vertel van hierdie derde aanslag op Afrikaans wat ook tweërlei van aard is, nl polities en struktureel. Ek het aan jou verduidelik dat die vorige twee aanslae, wat polities en struktureel was, het Afrikaans versterk (nie verwoes nie), sodat Afrikaans vandag ʼn selfstandige taal is. Die verlede bewys ons dat ook hierdie derde aanslag op Afrikaans die taal net sal baat.

En dan kom jy en sê vir my die geskiedenis het niks te make met die, soos jy dit stel, omhelsing van Afrikaans deur Engels nie. Dan vra ek om verskoning dat ek jou tyd gemors het deur vir jou Afrikaans se situasie dmv die geskiedenis aan jou te verduidelik.

Ek sal graag jou weergawe wil hoor hoe Standaardafrikaans sy ontstaan gehad het. Of dink jy dit het sommer so uit die lug geval, en toe Afrikaanssprekendes die more opstaan, toe praat almal suiwer Afrikaans? En hoe “suiwer” is dit in elk geval?

Nee, Jan, Afrikaans het ʼn nederige begin gehad. Die nuwe taal was eers Kaaps of Kaaps-Hollands genoem. (Gaan lees dit maar in die geskiedenisboeke.) Dit is maar eers in 1875 dat ʼn klein groepie mense dit Afrikaans genoem het, en trots was op hulle taal. Weens hulle haat teen alles wat Engels was, het hulle hierdie taal begin suiwer daarvan – ʼn proses wat nog daagliks maar al swakker gebeur. Moenie vir my sê jy weet nie van die uitroei van anglisismes nie. Moenie vir my sê jy weet nie hoe daar Afrikaanse woorde vir Engelse woorde geskep word nie (neologismes). Gaan kyk maar in die woordeboek en jy sal sien hoe baie Engelse woorde όf verafrikaans is, όf ontleen is, όf self netso oorgeneem is.

Met die verdubbeling van kennis daagliks, is dit haas onmoontlik om nuutskeppinge te maak vir nuwe Engelse woorde en ons neem dit sommer so pens en pootjies oor. (Onthou die wetenskaptaal is nie meer Latyn of Duits nie, maar Engels.)

Toe Afrikaans nog in sy babaskoene was, was dit nog redelik maklik om die Engels daarin tot ʼn mate uit te roei, maar deesdae sal dit ʼn onbegonne taak wees. Buitendien, sou dit wel moontlik wees, sal dit net die taal skade aandoen, soos die uitroei van anglisismes ontsettende skade berokken het. Dit ontneem die taal daardie sterk seggingskrag van die taal waaruit ontleen word.

Afrikaans is ʼn sterk taal wat Engelse woorde kan “absorbeer”, soos moderne Nederlands dit doen. Jy beweer die teendeel, nl dat Afrikaans nie die Engelse woorde kan opneem is sy woordeskat nie. As dit so is dan is ek bevrees, dis dan maar goedbaai Afrikaans. Daar is net geen ander uitweg nie.

Ek weet presies wat ‘lukraak’ beteken, en ek dink jy moet jou eie raad volg en ʼn wiskundige vra om jou te help. Jou HAT kan jou ʼn leidraad gee: lukraak: Sommer wildweg; wat van die toeval afhang: ʼn Lukrake gissing. Lukraak antwoord. Nommers lukraak uit ʼn hoed trek by loting.

In jou sin: “jy’t gemention dat ons nie ’n future saam het nie” is ‘gemention’ en ‘future’ nie lukraak gekies nie. Hulle is gekies omdat hulle besondere betekenis pas in die sin. Indien hulle lukraak sou gekies gewees het, is die kans skraal dat dit die geval sou gewees het. Jou wiskunde-onnie wat jy gaan raad vra, sal heel waarskynlik vir jou kan uitwerk wat die kans is dat ‘mention’ en ‘future’ lukraak getrek gaan word uit ʼn hoed gevul met al die woorde van die Engelse woordeskat. Die kanse is omtrent nul. Selfs sy berekeninge sal heelwat uit wees, aangesien die Engelse woordeskat daagliks groei.

Ek kan sien jy is nie ʼn wetenskaplike nie, anders sou jy besef het dat feite en kennis verouderd raak en  verander. ʼn Feit is ʼn stelling wat deur mense as waar aanvaar word. Everest word vandag aanvaar as die hoogste berg in die wêreld. Ons kan dit as ʼn feit stel dat Everest die hoogste berg in die wêreld is. Sê nou môre ontdek hulle ʼn berg wat hoër is, dan verander die feit mos. Jy kan nie sê dat die vorige feit nie ʼn feit was nie; die mense het dit dan as waar aanvaar. Ek het genoem dat dit eens ʼn voldonge feit was dat die mens 48 chromosome het. Dit is so deur wetenskaplikes aanvaar en hulle het hulle navorsing daarop gebaseer. Dit is totdat nuwer metodes ontdek is, en waargeneem is dat die mens 46 chromosome het. Goed, die vorige feit was foutief, maar dit was nogtans toe  ʼn feit. So terloops, die feit is in die wetenskap die laagste vorm van kennis, dan volg die hipotese, dan die wet en dan die teorie as die hoogste vorm van kennis. Al vier kan ondersoek, getoets, en ook verkeerd of korrek bewys word. Aan al vier kan verander word.

Wat woordeboeke betref: jy het beweer dat ʼn mens kan toets of ʼn woord ʼn leenwoord is of nie. Volgens jou slaan ʼn mens die woord na in die woordeboek. As die woord in die woordeboek verskyn, is dit ʼn leenwoord, en mag jy hom gebruik. As die woord nie in die woordeboek is nie, is dit nie ʼn leenwoord nie, en mag jy hom nie gebruik nie. Daaruit het ek afgelei dat, volgens jou, ʼn Afrikaanssprekende met ʼn woordeboek in die sak moet rondloop om te weet watter woorde hy mag gebruik, en watter woorde hy nie mag gebruik nie. Hoe anders sal hy weet watter woorde in die woordeboek opgeneem is?

Die grammatikus doen meer as net opteken van wat reeds bestaan. Hy ondersoek die taal deeglik voordat hy die grammatika skryf. Hy stel ondersoek in na die sintaksis, die uitspraak, die betekenis van die woorde. Mettertyd skryf hy ook ʼn woordeboek vir die taal en terselfdertyd ook spelreëls wat by die taal se struktuur pas. Grammatika is ʼn studievak, ʼn dissipline en familie van die logika. Die taal se struktuur word logies uiteengesit deur die grammatikus en daardie studiestuk noem ons die grammatika van die taal. Die struktuur van Afrikaans is nog nie naasteby volledig nagevors nie. Ons wag nog vir jou om die ellips van die tipe-anafoor sonder pro-substantivering na te vors.

As niemand ʼn taal se grammatika skryf nie, wat noem ʼn mens dan daardie geskrewe stuk wat hy skryf terwyl of na hy die taal nagevors het? Al die jare nog was dit linguiste se taak om uit te gaan in die wêreld, tale te soek wat onbekend is, dit te bestudeer, en dan die grammatika daarvan te skryf. Jy sal hulle maar een vir een, en daar is duisende, besoek en vertel dat hulle lieg want hulle het nie die vreemde taal se grammatika geskryf nie. Miskien moet jy Totius se pa ook laat weet, waar hy nou ook al is, dat hy gelieg het. Hy het nie die eerste grammatika vir Afrikaans geskryf nie. Afrikaans se grammatika was, volgens Jan Rap,  nog altyd daar. (Geskryf deur wie? Want ‘gramma’ beteken letter.)

Groete,

Angus

 

The post Vir Jan Rap: 'n Taal is soos 'n koei appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>