Dit is 'n ironiese feit en tragedie van ons huidige bestaan dat ons politici, beriggewers, kommentators wat op hul plasies in luuksheid sit en tereg wys nooit hul tyd in enige deursnee plakkerskamp spandeer nie. Die politici is altoos omring met lyfwagte en politieke agendas en polities korrekte twak, beriggewers is gewoon te bang en ons alte slim kommentators op hul Karoo-plasies leef tans in hul Utopie van ontkenning oor hul aandadigheid aan hierdie chaos wat ons tans beleef.
Daar is bykans geen probleem wat nie aan een of ander duistere filosofiese, metaforiese en 'n duister hoeveelheid ander -foriese toegeskrywe kan word nie. In Stellenbosch is daar selfs 'n geleerde wat Elke probleem A La Regime terugskryf aan die duistere bose verlede. En skuld eis. Tog: Ek wonder hoeveel tyd die deursnee filosoof, denker-profeet, teregwyser en kommentator werklik in enige plakkerskamp of hopbuurt spandeer? Ek het 'n vermoede hulle kom wel daar soos wat die politici daar kom. Kyk en ry. Of sit in 'n duur sjebien en teug aan Johnny Walker om terug plasie toe bestuur te word. Hoeveel wit liberales kom in enige plakkersbuurt of dan hopbuurt? 99% van hulle as hulle hul huishulp saans na vyf aflaai. By die stop. Want dis veiliger. Al bly sy drie strate laer af. En al is dit relatief veilig waar sy bly.
Nevermind die wit liberals wat geen idee of empatie met hul medemens het nie ... Iets wat ooglopend opvallend is as jy ooit tyd spandeer in enige informele swart of bruin buurt is die verval. Op elke moontlike manier.
My maters is deesdae die manne vanuit Afrika en ek spandeer redelik tyd by hulle want ons maak geld en hulle glo soos ek dat werk edel is en ons maak winkels oop en koop en verkoop selfs sand as dit moet. In die nuwe Utopia van hophuise, dun stegie-strate (asof die teer moet opmaak) en derduisende kinders met kinders op hul heupe. Ek sit by my vriend vanaf Somalië en hy bied my tee aan en ek bedank die tee want ek het my brannewyn saamgebring en hy lag want ek is mos maar 'n infidel en ons praat nie meer geloof nie want ons maak geld. Hy beduie my oor die baie mense en ek lag want hoe meer mense hoe meer geld gaan hy en ek maak want more is dit weer ALLPAY en dan lag ons bank toe en ek beduie hom dat ons nog net 'n drankwinkel moet oopmaak en hy sug in die rigting van die moskee en ek beduie dat hy dit mos nie self gaan drink nie, net verkoop ...
Mundino lag en ons sit in sy klein goudmynwinkel en ons praat oor hoekom daar so baie klogoete is. Letterlik derduisende.
"For the R250. You pay tax, they spend, they breed," beduie my Somaliese vriend.
Waarom word ons aanwas tans onder die mat ingevee? Nie net deur die bose regime nie, want regimes is uit hul aard boos. Waarom word aanwas nie aktief aangespreek deur elke mens met 'n asem nie? Wat het wie om weg te steek of waarvoor is wie bang? Ek meen, selfs ons beste kommentators wat skape vermink sit en kritiseer vir Trump en is nie bang vir die nagevolge nie? Waarom is ons ganse media so kollektief stilbang om die pot wat prut by sy naam te noem?
Want as ek al ooit 'n pruttende pot gesien het, sien ek dit in die deursnee township (dis die plek waar die denkende wittes nie kom nie, ingeval daar liberales is wat nog wonder watse plek dit is). Daar is gewoon nie meer plek, kos, water, hospitale, paaie, polisiestasies, brandweermanne, politici, dokters, ens om aan die vraag te voldoen wat wagtend en spelend in die strate is waar die deursnee liberaal nooit kom tensy hy die huishulp of tuinman aflaai nie.
Ons polities korrekte gesanik is besig om ons in te haal. As ons nie gaan ophou aanteel en ophou om aanteling aktief aan te moedig met sosiale, korrektiewe sg belastings of dan "grants" nie gaan ons nageslag sit met 'n moerse probleem.
Waarom is dit polities korrek om Zuma enigiets te noem maar niemand mag die aanwasprobleem by sy naam noem nie? Dalk dieselle swape wat ontgroening verbied terwyl tientalle jong Xhosa seuns jaarliks sterf weens ontgroening onder die mees haglike en barbaarse omstandighede?
Polities-korrekte groete
oester