Huis
(Aan die einde van ’n lang dag)
’n oranje kombersie
beskerm teen die onbegrip van buite
downloads van ander se lewens bring
tydelike ontsnapping van jou eie
sussende melodieë van groewe
gesny uit polikarbonaat
die reuk van koffie
en van spek in ’n pan
die geluid van ’n prop
uit ’n bottel gefermenteerde vog
sagte, vergewende lig van
energiespaar-lampe
lawende druppels van ’n warm stort
was die frustrasie weg
geselskap en teenwoordigheid
van dié wat jou verstaan
’n kooi in wit
bolster teen onbegrip
ruimte vir wees
wie en wat jy wil
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Huis (Aan die einde van ’n lang dag) appeared first on LitNet.