Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 22647

Bybel in Kaaps: Psalm 91

$
0
0

Psalm 91

1 Wie oek al skuiling soek by die Allehoegste
 sal rus vind innie skadu vannie Allemagtigste.

 2 Ek sê virrie Jirre: “U is my skuilplek en my veilige vesting,
 my God, op wie ek vetrou.”

3 Natuurlik sal Hy jou beskerm tiennie voëlvanger se wip
 en jou bewaar van dodelike siektes.

4 Hy sal jou toegooi met sy vere,
 en onner sy vlerk sal djy skuilplek vind;
 sy getrouheid sal jou, van alle kante af, beskerm.

5 Djy sallie bang wies virrie gevaar vannie naggie,
 nog minner virrie pyle wat deurie dag vlieg,

6 of virrie pes wat innie donker wag,
 nog minner virrie siektes wat helder oordag verwoesting saai.

7 ’n Duisend mense kan langs jou val,
 tien duisend langs jou regtehand,
 maa dit sal jou nooit raakie,

8 Djy sal die goed sien met jou eie oë
 en sien hoe die goddelose gestraf word.

9 As djy sê: “Die Jirre is my skuilplek”,
 en djy maakie Allehoegste jou beskermer,

10 sal niks met jou gebee nie,
 en geen plaag sal naby jou huis kommie.

11 Wan hy sal sy engele opdrag gie oo jou
 om jou te beskerm waa djy oek al gan;

12 hulle sal jou dra in hulle hanne,
 soedat djy nie jou voet tien ’n klip sal stampie.

13 Djy sal oorie leeus ennie kobras loep;
 die grote leeus en kobras sal djy dood trap.

14 “Wan hy’t My lief,” sê die Jirre, “Ek sal hom red;
 Ek sal hom beskerm, wan hy ken My.

15 Hy sal my roep, en ek sal hom antwoord;
 Ek sal met hom wies wanne hy innie moeilikheid is,
 Ek sal hom red en hom eer.

16 Ek sal vi hom ’n lang liewe gie,
 en oor my hulp sal hy heppie wies.”

The post Bybel in Kaaps: Psalm 91 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 22647

Trending Articles


7 voordele van boegoe


Die beste tyd van my lewe


5 goed wat jy vir jou haarkapper moet sê vóórdat hy jou hare sny


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


8 Wenke om water te bespaar


Rita (JM) Gilfillan (1941–)


Graad 8-Afrikaans Huistaal: vraestelle en memoranda


Ek is oppad #Hermanus toe !!


Drie stappe: Kikker jou kaste op


Te koop: Bosweg 3, Eastermar



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>