Die hoofstroom
Die heelal
My huis en joune
Tog verskil ons
Jou gedagtes en myne
Ek is vasgevang
Jy is vry
Ek strewe na Vryheid
Vasgevang
Vasgedruk
Vryheid is waarna ek strewe
Wys my die vryheid en
Hoe om die hoofstroom
Se kettings
Te vernietig
Hoekom is jy nog hier
Hoekom is jy nog hier
In my gedagtes
Hoekom is jy nog in my kop
In my drome
Jy hoort nie meer hier nie
In my siel
Jy verdien dit nie
In my hart
Hoekom sit jy nog vas in my gedigte
In my pen
Hoekom kyk ek nog na jou foto op my muur
Hoekom kan ek nie van jou ontslae raak
Soos wat jy van my liefde ontslae geraak het nie
Hoekom praat ek nog van jou
Hoekom is jy nog op my papier
Ek vra jou moedeloos
Hoekom is jy nog hier
O Stellenbosch
O Stellenbosch
hoekom doen jy dit aan my?
Die rede vir my koms
was om van hom te vergeet
Hoekom wys jy my heeltyd wat ek
verloor het?
Jou groen blare wil ek afruk en begrawe
Ek sien sy groen oë binne hul are
Jou swart strate wil ek vol grond strooi
Dis so donker soos sy hare
Die blou lug wil ek bottel
Dis die liefde in sy oë
Verander jou wit wolke
na donderstorms asseblief
Sy wit glimlag lag
lag
lag
vir haar en nie vir my
O Stellenbosch
Hoekom doen jy dit aan my?
Stories
Gisteraand het sy hande
In my hare vir my stories vertel
Die stories het my dronk hart
Gerusgestel
Ek het my siel vir hom gewys
Hy het dit mooi vasgehou
Die stories daarin gelees
Vir my vertel hoe hy daarvan hou
Ons vingers was
Vir ’n oomblik vervleg
Sy vingers later in my hare
Ons stories vasgeheg
Straatligte
So sit en staar ek na die straatligte
Met die branders en vuurtoring as agtergrondmusiek
Is dit nie interessant hoe elke lig dieselfde beginsels het
Maar tog verskillend funksioneer nie?
Alles bestaan uit dieselfde beginsels
Maar tog verskil dinge
Waarvan liefde een van hulle is
Waarvan ek en jy een van die dinge is.
Verskille is alles goed en wel
Maar tog
Smag my hart na ’n eendersheid
’n Gevoel van bekendheid en gerusstellendheid
’n Gevoel van by die huis wees.
Op dié stadium is ons liefde
Onvoorspelbaar
Wild
Ongetem
Kinderlik met ’n volwasse stemtoon.
Dieselfde beginsels
Verskillende vlakke van funksioneer.
Gelukkig is jy my huis
Is ons saam onvoorspelbaar
Wild
Ongetem
Kinderlik met volwasse stemme.
Dieselfde beginsels
Dieselfde vlakke van funksioneer
Amper
Soos die straatligte.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Anke van der Merwe se inskrywings appeared first on LitNet.