Hier onder teen die heuwel
staan my huisie met sy gewel.
So deur die dag prewel ek ’n dankie uit my hart en in die donkernag voel ek hoe jou arms my sag omvou.
Of dit reën, hael of sneeu, sterk en trots staan jy daar, hou jy my warm. Jy het my hart gesteel nog voor jy myne was. In die dag laat jy die sonskyn deur die vensters lag. In die donkernag wag jy getrou tot die maan opkom en lag.
Jou Spaanse venster is vir my so mooi dit gee my krag. My huisie hier kom ek tot rus dis soos soete waterstrome en lelies in die nag.
Ek wou jou graag behou. Maar soms laat ons ietsie gaan en het dan groot berou.
Ek weet jy is getrou en sal sterk staan in al my lewensbaan.
Klik hier vir volledige inligting oor die kompetisie.
Klik hier om ander inskrywings te lees.
The post Huis, woning, tuiste: Johanna Roux se inskrywing appeared first on LitNet.