Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21644

Nuut by Naledi: Spanje: Reise in ’n palmpses deur André Pretorius

$
0
0

In 1992 loop ’n 17-jarige André Pretorius op sy eentjie in Barcelona rond. Onder die Olimpiese Vlam ontbrand ’n hartstog wat hom vir die volgende drie dekades keer op keer terugneem na Spanje. In hierdie boek – ’n onbedoelde tweeluik met sy hoog-aangeskrewe Italiaanse intermezzi – beskryf hy daardie Spaanse reise. Op die perkament van ’n ou Spanje met sy eggo’s van drie operas – van kerk en staat, van sensualiteit, van spoke van die verlede – vind hy die filmmaker Pedro Almodóvar se skets van die nuwe Spanje van ons leeftyd.

Pretorius bevind hom aan die uithoeke van hierdie besonge skiereiland, loop die stories na van Lorca en Goya, gaan kyk sokker se El Clásico, swymel voor die doodsveragting van die matadors in Sevilla, sien hoe die tuna “geoffer” word by Barbate, sit aan in Spanje se teaters van kos by El Bulli, en vind selfs daardie meisie wat in 1992 hot dogs aan hom verkoop het. In die eerste vollengte reisbeskrywing van Spanje in Afrikaans sedert Olé! van André P Brink in die 1960s, bring Pretorius ’n aangrypende land na die leser.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

The post Nuut by Naledi: Spanje: Reise in ’n palmpses deur André Pretorius first appeared on LitNet.

The post Nuut by Naledi: <em>Spanje: Reise in ’n palmpses</em> deur André Pretorius appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21644

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>