Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21656

Frikkie Lombard: ’n huldeblyk

$
0
0

Frikkie Lombard (foto: Naomi Bruwer)

Die woord “mentor” word so dikwels oorgebruik. Maar vir my is iemand wat aan daardie vereistes voldoen, nie net iemand wat jou werksidentiteit help vorm nie, maar ook iemand wat aan jou menswees skaaf. Frikkie Lombard het nie net as opleier en later lynbestuurder vir my die ABC (“Apply Bottom to Chair” – sy sêding) van die leksikografie geleer nie, maar ook op sy sagte manier my van baie vooroordele ontroof en geleer wat dit regtig beteken om ’n goeie, medemenslike gelowige te wees, selfs toe ek moes worstel met een van die ergste goed wat ’n ouer kon beleef.

In die vreemde reis wat ons die lewe noem, was dit my voorreg om eers sy leerling te wees, toe saam met hom te werk aan woordeboeke vir OUP en aan die rooi AWS by die Taalkommissie, en in die laaste dae van sy loopbaan sy bestuurder te wees. Met elke stappie was hy my vriend en leermeester, en dis haas ondenkbaar dat ek nooit weer sy wyse woorde of sy stoute grappies om die teetafel sal kan hoor nie.

...........
In die vreemde reis wat ons die lewe noem, was dit my voorreg om eers sy leerling te wees, toe saam met hom te werk aan woordeboeke vir OUP en aan die rooi AWS by die Taalkommissie, en in die laaste dae van sy loopbaan sy bestuurder te wees. Met elke stappie was hy my vriend en leermeester, en dis haas ondenkbaar dat ek nooit weer sy wyse woorde of sy stoute grappies om die teetafel sal kan hoor nie.
.................

Maar Frikkie het ons ook geleer om nooit die lewe te ernstig op te neem nie en om elke fase daarvan, ook die dood, te hanteer soos dit kom. Gister het ek dus vir hom ’n kersie aangesteek, wat ek dink hom sou laat lag; vandag het ek ’n glasie op hom geklink; en nou koester ek al die mooi herinneringe aan hom binne en buite werksverband. Ek was baie, baie lief vir hom.

My liefde en gebede ook aan sy gesin, Elmaré, Jakes, Dini en Ella in hierdie tyd van rou. Hulle sal ook altyd deel van ons WAT-gesin wees, en ons is lief vir hulle.

Lees ook:

In memoriam: Frikkie Lombard

Phillip Louw, hoofredakteur en uitvoerende direkteur van die WAT: ’n onderhoud

 

The post Frikkie Lombard: ’n huldeblyk first appeared on LitNet.

The post Frikkie Lombard: ’n huldeblyk appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21656

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>