’n Algemene staking dreig by die Suid-Afrikaanse spoorweë en in ons hawens. Dit kan die land, wat reeds ekonomies swaarkry, R8 miljard per dag aan verliese kos.
Freek Robinson gesels met Cobus van Vuuren, die algemene sekretaris van UNTU, oftewel die United National Transport Union.
Robinson vra: Waarom wil julle staak en watter alternatiewe wil die unie voorstel?